Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Massmart
7 Februarie 2019
Simon Brown is die stigter en direkteur van die beleggingswebwerf JustOneLap.com

Waar’s die opwindende dae van 2011, toe Walmart R148 per aandeel betaal het om 51% van Massmart te koop?

Plaaslike verbruikers was opgewonde oor die vooruitsig van Walmart se soort afslagpryse en ’n paar maande lank was daar reklamepamflette in ons Sondagkoerante.

Selfs die voorwaardes wat gestel is, het beleggers nie afgeskrik nie. Ons het gretig op die Amerikaanse inval gewag, dermate dat die aandeelprys in middel 2013 kortstondig tot bokant R200 opgedruk is.

Dit is egter agt jaar ná die oorspronklike transaksie, wat nou blyk geen kans op sukses gehad het nie. Nou verhandel die aandeel op onder R100, met ’n tienjaaropbrengs (dividende uitgesluit) van onder 10%.

Talle het vasgebyt en op ’n herstel gehoop, maar Walmart het skynbaar lankal moed opgegee en Suid-Afrikaanse verbruikers het eenvoudig met hul beursies begin stem en elders gaan koop.

Aandeelhouers wat steeds op ’n herstel wag, kan beter doen deur elders te belê. In ’n tyd van swak handelsverslae in die kleinhandel was Massmart se handelsverslag die ergste – en waar verbruiksbesteding mettertyd sal herstel, het Massmart blykbaar veel groter probleme wat hy nie kan regstel nie. 

Meer oor:  Massmart  |  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Simon Brown
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.