Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Massmart
20 Februarie 2020

Massmart se aandeelprys konsolideer ses jaar lank met daalverwagtinge van ’n hoogtepunt van 20 800c per aandeel (’n tendens wat in 2013 gevorm het).

Massmart, wat Game en Makro besit, het vanaf Maandag ’n nuwe uitvoerende hoof, die Amerikaner Mitch Slape.

In Januarie verlede jaar het ’n daaltendens begin toe hy deur die ondersteuningstendenslyn van sy langtermyn-stygtendens gebreek het. In Julie verlede jaar het die maatskappy ’n netto halfjaarverlies van R602 miljoen aangekondig, met onverwagte laer marges.

’n Steiler beertendens tot ’n 13-jaarlaagtepunt op 3 825c per aandeel het gevolg.

Vooruitsigte:

Met sterk steun op 3 825c per aandeel het Massmart onlangs deur die weerstandstendenslyn van sy sterker beertendens (blou stippeltendenslyn) gebreek, ondanks waarskuwings verlede maand van ’n netto verlies van tussen R1,29 miljard en R1,385 miljard vir die jaar tot verlede Desember. Sy voljaarresultate verskyn op 27 Februarie.

Op die grafieke:

Verhandeling deur 5 650c per aandeel is ’n aanduiding van groter koopbelangstelling. As die aandeelprys stewig bo daardie vlak bly en styg, kan hy na die swart vetdruktendenslyn of 9 920c per aandeel mik.

Gaan lank:

Enige vlak bo 5 650c per aandeel bied goeie koopgeleenthede. ’n Ommekeer onder 4 885c per aandeel dui egter op ’n vals deurbraak – wat dit ’n keerverliesvlak maak. Weerstand teen 8 200c per aandeel is die eerste teiken, met die tweede op 9 920c per aandeel.

Gaan kort:

’n Verandering in die sentiment sal onder 4 885c per aandeel aangedui wees, en steun teen 3 825c per aandeel kan weer voorkom. Met ’n deurbraak deur daardie vlak kan Massmart verder tot sy vorige laagtepunt van 2 570c per aandeel daal. 

Meer oor:  Massmart  |  Finweek  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.