Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Medilinic
20 Februarie 2020

Mediclinic International het die Mededingingstribunaal se verbod op sy beoogde verkryging van Matlosana Medical Health Services (MMHS) verlede jaar in die mededingingsappèlhof betwis.

Foto’s: Gallo / Getty Images | Shutterstock
Foto’s: Gallo / Getty Images | Shutterstock

Omdat Mediclinic oor die jare gesukkel het om met sy buitelandse ondernemings sukses te behaal, wil die groep nou sy teenwoordigheid in Suid-Afrika vergroot, veral in Noordwes.

Sy planne om MMHS – wat twee hospitale in Klerksdorp en ’n aandeel in ’n derde besit – oor te neem, is in 2017 deur die Mededingingskommissie gefnuik.

Omdat Mediclinic oor die jare gesukkel het om met sy buitelandse ondernemings sukses te behaal, wil die groep nou sy teenwoordigheid in Suid-Afrika probeer vergroot, veral in Noordwes.

Dit was weens vrese dat die verkryging mededinging in Klerksdorp en die omliggende gebiede wesenlik sou beperk en die private hospitaalgroep in staat sou stel om pryse eensydig te verhoog.

Mediclinic het onlangs deur Sens aangekondig hy het die saak gewen. Die verkryging sluit twee multidissiplinêre hospitale in – Wilmed Park het 185 beddens en Sunningdale-hospitaal het 62 beddens – asook ’n 51%-aandeel in die psigiatriese hospitaal Parkmed Neurokliniek, met 50 beddens.

Verhandel hom só:

Mediclinic verhandel buite sy drie jaar lange beertendens en mediumtermynkonsolidasie tussen R52 en R64,55 per aandeel – ’n positiewe uitbreking bokant R64,55 per aandeel is in Oktober 2019 bevestig.

Hy verhandel tans sywaarts in ’n nou band tussen R80,45 en R69 per aandeel en ’n styging deur R80,45 per aandeel sal weer ’n goeie koopgeleentheid bied, met die potensiaal om op kort tot mediumtermyn tot R100,75 per aandeel te styg.

Moenie lank gaan as hy weer onder R64,55 daal nie, want dan kan hy tot by R52 terugsak.


Meer oor:  Finweek  |  Aandele Mening  |  Mediclinic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.