Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Metrofile
16 Januarie 2020
Foto’s: Shutterstock

Metrofile het gesê hy ondersteun ’n voorwaardelike aanbod vir sy aandele teen 330c elk wat deur Housatonic Partners, ’n private ekwiteitsfirma, gemaak is. Dit bied ’n maklike opbrengs met matige risiko.

Die prys is binne die strek waar ek die aanbod sal aanvaar en ten gunste daarvan sal stem. Aandeelhouers sal die Desember 2019 tussentydse dividend (wat in April betaal word) van tussen 5c en 10c per aandeel kry, aangesien die maatskappy sy Keniaanse belastingkwessie opgelos het. Dit sal wins steun.

As die transaksie teen die middel van die jaar afgehandel word, is dit ’n geannualiseerde opbrengs van 35%

As jy aandele teen 285c elk kan koop – wat met die skryf hiervan die aanbod is – en met die veronderstelling dat die dividend 5c per aandeel is – net soos verlede jaar se uitbetaling – sal jy ’n wins van 50c per aandeel maak of ’n opbrengs van 17,5% verdien. As die transaksie teen die middel van die jaar afgehandel word, is dit ’n geannualiseerde opbrengs van 35%.

Die risiko is dat die transaksie nie afgehandel word nie soos ons met Murray & Roberts en Aton gesien het.

Die voorwaardes van hierdie transaksie lyk nie ’n groot probleem te wees nie, want hulle behels die verkryging van skuld en die vind van ’n bemagtigingsvennoot, wat albei maklik vir hierdie kontant-genererende onderneming behoort te wees. 

Meer oor:  Finweek  |  Metrofile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.