Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Mr Price
21 November 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Mr Price, die kleinhandelaar van klere en huisware, is getref deur onetiese bestuur in sy aankopeketting, wat volgens hulle die wins met R20 miljoen sal beïnvloed. Die maatskappy het in reaksie twee senior bestuurders in die pad gesteek.

Mr Price beplan om sy tussentydse finansiële resultate teen die einde van November vry te stel. Die aandeel verhandel buite sy langtermyn-bultendens, wat 11 jaar gelede begin het.

Die mark se reaksie op die interne probleme was gedemp – die aandeelprys het stewig bo 15 130 sent gebly.

Hoe om hom te verhandel:

Mr Price verhandel die afgelope vier maande sywaarts in sy beertendens. Hy ondervind tans groot weerstand teen 17 555 sent per aandeel en het omgedraai in die rigting van sy belangrike steunvlak van 15 130 sent per aandeel.

Nadat hy ’n paar keer tevore hierheen gekom het, kan die aandeel stewig op die vlak hou en sy verliese verhaal – en sodoende die korttermynkonsolidasie verleng.

Hy ondervind tans groot weerstand teen 17 555 sent per aandeel en het omgedraai in die rigting van sy belangrike steunvlak van 15 130 sent per aandeel.

Deurbraak deur hierdie belangrike weerstand kan egter tot ’n afverkoping lei, en die aandeelprys kan daal tot sy laagste vlak, wat in November 2016 teen 12 555 sent per aandeel getoets is.

Anders moet Mr Price weerstand teen 17 555 sent per aandeel oorkom om die korttermyn-sentiment te verander, wat die aandeelprys tot die weerstand teen 23 000 sent per aandeel kan verhoog.

Meer oor:  Finweek  |  Mr Price  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.