Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: MTN
13 September 2018

Ons was al hier. In Oktober 2015 het die Nigeriese owerhede MTN met sowat $5 miljard beboet.

Nou het twee verdere betalings van $8,1 miljard en $2 miljard die maatskappy binne dae van mekaar getref. Die regering eis ’n belastingbetaling van $2 miljard en die sentrale bank eis dat die maatskappy dividende van $8,1 miljard moet terugbetaal wat hy landuit geneem het.

Ek het destyds in 2015 van my MTN-aandele ontslae geraak, gegrief deur sowel die boete as die maatskappy se onvermoë om betyds met aandeelhouers te kommunikeer.

Ten minste het die maatskappy dié keer reg gedoen en voor markopening ’n Sens-boodskap uitgestuur.

Is dié dinge MTN se fout? Of is dit, soos party aanvoer, bloot magsvertoon deur die Nigeriese sentrale bank? Dit maak nie saak nie.

Die netto uitwerking op aandeelhouers is dieselfde – nog meer waardevernietiging in ’n sektor wat sukkel om sy marges te handhaaf. Ek het al herhaaldelik geskryf oor telekommunikasiemaatskappye en hoe die oorskakeling na data hulle in wese nutsmaatskappy maak wat data teen ’n baie lae koste en marges sal verkoop.

Hulle verkoop egter genoeg om aantreklike dividende moontlik te maak. In die oorgang na nutsdienste gaan sake egter morsig raak terwyl hulle probeer om relevant te bly – ’n stryd wat ek verwag hulle uiteindelik sal verloor. Kom ons sit dus eerder terug en wag vir die boetes en die oorskakeling om te gebeur. Daarna kan ons dit oorweeg om weer in telekoms te belê.

* Foto: Getty Images/Bloomberg/Tom Saater

Meer oor:  Mtn  |  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Simon Brown
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.