Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: MTN-groep
21 Maart 2019

MTN se aandeelprys het van ’n hoogtepunt van 26 345 sent per aandeel in 2015 skerp gedaal ná die boete van $5,2 miljard deur die Nigeriese regering oor ongeregistreerde SIM-kaarte. Dit het tot onder die steunlyn van sy hoofsaaklik opwaartse tendens, wat 13 jaar gehou het, teruggesak.

Die boete is later verminder, maar die prys het nie herstel nie. Verdere terugslae het gevolg.

In Augustus 2018 het MTN laagtepunte van voor 2008 bereik ná Amerikaanse sanksies teen Iran, wat verhinder dat MTN kontant uit dié land kan repatrieer.

Vooruitsig:

Vroeër in Maart het die aandeelprys sy langdurigste daling sedert 1995 aangeteken, ná berigte van laer as verwagte winssyfers vir die tweede helfte van 2018. Die aandeelprys het met 12% opgeskiet met die uitreiking van sy jaarresultate op 7 Maart, toe die groep gesê het hy wil oor die volgende drie jaar R15 miljard se bates verkoop om skuld te delg.

Wat die grafieke sê:

Al verhandel MTN in ’n afwaartse tendens, lyk sy vooruitsigte stewig. Hy ondersoek noterings in Ghana en Nigerië. Gaan lank: Breek die aandeelprys deur die belangrike weerstandsvlak van 9 300 sent, sal dit die skerp afwaartse tendens beëindig – en moontlik ’n herstellopie binne die primêre beertendens onteketen.

Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Dit kan meebring dat MTN deur 10 475 sent verhandel en na óf die weerstandslyn (vet blou tendenslyn) óf die vlak van 14 000 sent terugkeer. Die drieweekse relatiewe sterkte-indeks (3W RSI) moet deur die boonste helling van sy simmetriese langtermyndriehoek breek om die uitbreking deur die weerstandsvlak op 10 475 sent te bevestig.

Bó 14 000 sent kan MTN verder herstel tot op 16 500 sent en dan die steuntendenslyn van sy vorige langtermyn-bultendens (sowat 19 295 sent) nader. Gaan kort: Sak hy terug tot onder 6 905 sent, sal MTN sy skerper daalneiging voortsit en verder waarde verloor tot op die volgende steunvlak van 4 830 sent

Meer oor:  Mtn  |  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.