Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: MultiChoice
7 Mei 2020
MultiChoice besit en bedryf DStv. Foto: MultiChoice

MultiChoice se aandeelprys het sedert die begin van die jaar met meer as 22% teruggesak. Die maatskappy het ’n lisensie om Showmax, die ‘op aanvraag’-televisiemaatskappy, aan intekenare in Suid-Afrika te verkoop.

Showmax het onlangs genoem dat die inperking ’n groot uitwerking op kykers gehad het en dat die aantal aktiewe gebruikers met 50% toegeneem het.

Vooruitsig:

MultiChoice se aandeelprys weifel tans op die weerstandstendenslyn van sy beertendens en as hy deur dié lyn breek, behoort hy meer belang van kopers te lok. MultiChoice is steeds ’n goeie belegging noudat hy teen sy aanvanklike noteringsprys verhandel. Omdat die meeste van MultiChoice se langtermyninhoudkontrakte in dollars betaal word, kan valutabewegings sy verdienste raak.

Op die grafieke:

MultiChoice het voorheen nie daarin geslaag om deur die weerstandslyn van sy beertendens te breek nie. Die steun wat egter by 8 510c per aandeel bestaan – wat dus ’n hoër onderpunt vorm – behoort verdere stygings tot gevolg te hê wat die huidige beertendens sal beëindig.

Gaan lank:

’n Positiewe deurbreking uit die beertendens sal bokant 9 970c bevestig word en ’n hoogtepunt van 1 1 120c kan dan volg. As daar deur dié vlak gebreek word, kan dit nog ’n koopgeleentheid met ’n potensiële hoogtepunt tot 13 850c bied.

Gaan kort:

Moenie lank gaan as die aandeelprys onder 8 510c daal nie omdat dit sal beteken dat MultiChoice sy beertendens handhaaf en derhalwe moontlik kan terugsak tot die aandeel se voormalige laagtepunt van 7 225c.

Meer oor:  Finweek  |  Multichoice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.