Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Naspers
6 Desember 2018

Naspers*, ’n internet- en vermaaklikheidsgroep, bestuur of belê in van die wêreld se voorste internet-, videovermaak- en mediaplatforms.

Belangrike beleggings sluit in Tencent en Mail.ru, afsonderlik in Hongkong en Londen genoteer. Naspers se markkapitalisasie is R1,28 duisend miljard, meer as 20% van die markwaarde op die JSE.

Sy verkorte gekonsolideerde tussentydse verslag vir die halfjaar tot 30 September word op 30 November, na ter perse gaan, vrygestel.

Vooruitsig: Verlede November het Naspers se aandeelprys, ná ’n hoogtepunt, begin daal.

Ondanks ’n effense herstel in Maart kon Naspers nie die winste behou nie, met die vorming van dalende toppunte, ’n teken van dalende beleggerbelangstelling.

Tencent se opwaartse momentum het vasgehaak nadat hy ’n kwart van sy aandeelhouerswaarde van R3,2 duisend miljard verloor het weens flou verdienste uit vertraagde monetisering van nuwe speletjies, asook kommer oor China se regulatoriese omgewing vir speletjies.

Op die grafieke: Naspers wankel op ’n ondersteunende tendenslyn wat tot Mei 2014 teruggaan, en kan ingee as die regulatoriese onsekerheid in China voortduur.

Afgesien van die FAANG-aandele (Facebook, Amazon, Apple, Netflix, Google) wat sukkel met markteenstand ná ’n sterk oplewing, dra ’n dalende yuan en China se beermark by tot Tencent se probleme. Selfs met Naspers se voorstel van die ontknoping en afsonderlike notering van MultiChoice op die JSE is aandeel- houers net op Tencent gefokus.

Gaan kort: ’n Negatiewe uitbreking uit die langtermynbultendens sal onder R2 362,70 per aandeel bevestig word. In dié geval kan Naspers tot sy tweede ondersteunende tendenslyn of na R1 926 per aandeel val.

Gaan lank: ’n Ommekeer bo R2 973,45 per aandeel beteken dat Naspers op sy sleutelondersteuningstendenslyn gespring het. Dit kan opwaartse potensiaal tot die weerstandstendenslyn van sy korrektiewe beertendens veroorsaak. Bo R3 613,50 per aandeel sal Naspers na optimistiese terrein terugkeer en ’n volle herstel kan teen R4 143 per aandeel voltooi wees.

 *finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.

/
Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Naspers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.