Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Naspers - Uitbraak bevestig
4 Junie 2020

Naspers* het al sy verliese ná die wêreldwye verkoop weens Covid-19 teruggewen en selfs nuwe hoogtepunte getoets (van die nuwe vlakke wat ná die verkope gevestig is). In April het Naspers sy aandeelterugkoopprogram van R22,4 miljard voltooi.

Prosus is deel van Naspers. Foto: Getty Images

Die groep het aandele ter waarde van R30,6 miljard in sy Amsterdam-genoteerde Prosus verkoop met die bedoeling om die opbrengs na Suid-Afrika terug te bring om sy eie aandele terug te koop. As ’n maatskappy sy aandele terugkoop, is dit omdat hy glo dat die mark hulle te skerp verdiskonteer het. Hy gebruik dan die geld om in homself te belê en sy finansiële verhoudinge te verbeter. Naspers sal na verwagting op 19 Junie sy volledige jaarresultate bekend maak.

Vooruitsigte:

Naspers het sy langtermyn-bultendens, wat in 2014 begin het, gehandhaaf. Teen 2015 het Naspers oor 12 maande 82% gelewer en sielkundige vlakke op 200 000c bereik. Die aandeelprys het bly daal in die rigting van die steuntendenslyn van sy langtermyn-bultendens – waar hy teruggespring het en in die vorm van ’n omgekeerde kop-en-skouer- patroon gekonsolideer het.

Op die grafieke:

Naspers konsolideer die afgelope twee jaar in die vorm van ’n omgekeerde kop-en- skouerformasie (’n bulpatroon). Hy het onlangs deur die neklyn van die patroon gebreek en ’n positiewe uitbreekpunt bo 273 675c bevestig.

Gaan lank:

Met die relatiewesterkte-indeks vir drie weke (3W RSI) in mega-oorkoopte terrein is ’n nabytermyn-terugtrekking aan die kom. Naspers kan terugsak tot 273 675c, waar hy behoort te hou en te herstel. Indien wel, gaan lank op enige vlak bo 273 675c ná die verwagte terugtrekking. Die mediumtermynteiken van die bulpatroon is 373 095c.

Gaan kort:

Moet nie lank gaan as die terugtrekking onder 273 675c is nie. Afwaartse potensiaal onder 255 480c sal ’n valse deurbraak deur die neklyn wees. Verkope kan dan na 223 115c voortduur.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Naspers  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.