Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Netcare
7 November 2019
Netcare Assist

Netcare se aandeelprys het ná 2009 vinnig gestyg, en die momentum het ná die deurbraak van elke weerstandstendenslyn toegeneem.

Beleggersentiment was in 2013 op sy piek toe beide Suid-Afrikaanse en Britse bedrywighede in hul onderskeie geldeenhede gegroei het. Teen die einde van 2014 het Netcare se aandeelpryse begin terugsak ná ’n 31%-daling in die wins vir die jaar. Marktoestande in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk (VK) het boonop geweldige druk op sy groeivermoë geplaas.

Maart verlede jaar, ná ’n vyf jaar lange stryd met verhuurders, het Netcare aangekondig dat hy die VK gaan verlaat. Sy aandeelprys het van ’n hoogtepunt van 4 375 sent per aandeel tot 2 045 sent gedaal.

Vooruitsigte:

Resultate vir die jaar tot 30 September verskyn op 18 November.

Op die grafieke:

Netcare het in Mei vanjaar deur die ondersteuningslyn van sy langtermynbultendens gebreek toe uitvoerende hoof Richard Friedland R200 miljoen van sy eie aandele verkoop het om finansiële en ander koste te betaal as sekuriteit in ruil vir banklenings.

Ná druk op die sektor deur onder meer die Mededingingskommissie, het Netcare se aandeelprys tot ’n laagtepunt van 1 480 sent gedaal en daar gehou, voordat hy begin herstel het. ’n Omgekeerde kop en skouers (optimistiese ommekeerpatroon) begin nou vorm.

Gaan lank:

Hy wankel tans op die nek van sy omgekeerde kop en skouers: ’n Positiewe uitbraak sal bo 1 880 sent per aandeel bevestig word, met opwaartse potensiaal tot 2 480 sent op kort tot mediumtermyn. Netcare sal sy vorige bultendens bo 2 560 sent hervat en sy verliese teen 3 115 sent per aandeel verhaal.

Gaan kort:

Die patroon sal onder 1 480 sent per aandeel genegeer word – waarskuwingsligte behoort teen 1 620 sent te flikker. As hy deur ondersteuning op 1 480 sent val, kan die aandeelprys verder tot 1 205 sent per aandeel tuimel. 

Meer oor:  Netcare  |  Finweek  |  Aandele-Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.