Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Pan African Resources - Goeie dae lê voor
30 Julie 2020

Pan African is verreweg die laagstekoste-produsent van goud, en sy nuwe hoëgraadse vonds by Barberton sal verder daartoe bydra om die groep se koste te verminder. Dit is vanweë die hoër opbrengs van die metaal, wat ’n hoër goudopbrengs beteken vir hoofsaaklik dieselfde hoeveelheid werk en dus koste. Met goud wat uiteindelik nou tot sy reg kom, lyk dit of die prys gereed is om te styg.

Selfs teen die huidige prys van ongeveer $1 800 per ons is Pan African besonder winsgewend.

Maar, selfs teen die huidige prys van ongeveer $1 800 per ons is Pan African besonder winsgewend met alomvattende volhoubare koste (AISC) van minder as $1 000 per ons. Daarbenewens is die riglyn vir middeljaarbedryfskoste dat AISC laer as dié vlak moet bly. Hy kry dit ook reg om meer goud te verkoop, en met die nuwe afsetting sal die AISC laer wees en sal produksie verder styg. Die eerste twee risiko’s is natuurlik die goudprys en die rand se wisselkoers.

Laasgenoemde is besig om te verstewig, maar daar word nie verwag dat dit tot veel meer as R15 per dollar sal versterk nie – indien dit wel dié vlak bereik. Die grootste risiko’s is steeds die koronaviruspandemie en Pan African se vermoë om veilig binne die Covid-19-perke in ’n ondergrondse omgewing te myn. 

Meer oor:  Finweek  |  Pan African Resources
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.