Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Pick n Pay
7 November 2019

Ons het ’n wonderlike stel resultate van Pick n Pay vir die 26 weke tot 1 September gesien.

Die allerbelangrikste bedryfsmarge het van 2,5% tot ’n stewige 2,8% gestyg. Dit het meer as 10% tot sy wins gevoeg. Ek kritiseer Pick n Pay se regrukstrategie al lank weens die gebrek aan die uitbreiding van die bedryfsmarge omdat dit blykbaar op 2% vasgeval het. Die uitvoerende hoof, Richard Brasher, het sake egter goed op dreef gekry.

Nou is die vraag hoe hoog die bedryfsmarge kan styg. ’n Syfer van 3% blyk moontlik te wees, maar 4% is dalk ietwat buite bereik. Om die bedryfsmarge op te stoot tot die middel-3%-strek, sal egter beduidend tot die wesensverdienste per aandeel (WVPA) bydra. Die probleem is dat die aandeel op ’n historiese prys/verdienste-veelvoud (p/v) van ongeveer 22 keer duur is.

Die dividend-opbrengs is egter lywig op ongeveer 3%. Vergelyk dit met Shoprite* se beduidende laer p/v van ongeveer 16 keer. Shoprite sukkel miskien op die oomblik met probleme in sy bedrywighede in die res van Afrika, maar dié probleme sal wel opgelos word – in welke stadium die maatskappy maklik ’n bykomende 15% tot 20% tot WVPA sal kan voeg.

Daarenteen is Pick n Pay se markaandeel aan’t groei en is sy marge ook besig om uit te brei.

* Die skrywer besit aandele in Shoprite.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Finweek  |  Aandele-Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.