Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: PPC
6 Desember 2018

Besorgdheid van beleggers is moontlik een van die hoofredes waarom Pretoria Portland Cement Ltd (PPC) se aandeelprys op die oomblik sukkel om te herstel. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Johan Claassen, het onlangs sy vroeë aftrede bekend gemaak nadat hy die pos sedert Julie verlede jaar vul.

Dit beteken ook dat die maatskappy sy vierde uitvoerende hoof in vier jaar moet vind. Claassen sal aanbly totdat ’n nuwe uitvoerende hoof gevind is.

Die onderneming kon wel sy inkomste vir die ses maande tot 30 September met 5% tot R5,6 miljard te verhoog.

Die konstruksiebedryf verkeer die afgelope jare onder kwaai druk, wat gelei het tot ’n geleidelike afname in die vraag na sement. Saam met stygende bedryfskoste (insluitend brandstofstygings) doen die maatskappy sake in ’n uiters moeilike omgewing.

Die onderneming kon wel sy inkomste vir die ses maande tot 30 September met 5% tot R5,6 miljard te verhoog. PPC het sy resultate op Sens aangekondig en gesê hy verwag dat handelstoestande moeilik sal bly, veral in Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Volgens Claassen is die maatskappy se prestasie in Zimbabwe besig om te herstel, en produksie in Rwanda is besig om verbeter.

Hoe om dit te verhandel:

PPC verhandel in ’n konsolidasiefase van ’n enorme onder-na-bo-patroon tussen 1 020 sent per aandeel en 345 sent.

Nadat PPC binne die sywaartse patroon teruggesak het, het hy steun op 510 sent behou – en derhalwe ’n stygende onderpunt gevorm.

Die huidige beertendens sal slegs bokant 700 sent per aandeel (koopvlak) eindig – wat geleidelike opwaartse potensiaal tot 925 sent of 1 025 sent op kort tot mediumtermyn kan skep – waar PPC weerstand kan ervaar. Moenie lank gaan by 510 sent nie. Hy kan dan tussen 510 sent en 345 sent strek.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Beleggings  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.