Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Resilient Property Income fund
7 November 2019

Eiendomsbeleggingstrust Resilient Property Income Fund het van 2013 tot 2016 voorspoed geniet; sy aandeel het goeie opbrengste uit beleggings behaal en ruim dividende verdien.

Januarie verlede jaar het sy aandeelprys ’n hoogtepunt van 15 350 sent per aandeel bereik, voordat aantygings van onder meer oneerlike transaksies en binnehandel die Resilient-groep getref het.

Ná dié gerugte het beleggers die aandeelprys gelooi, en binne drie maande het hy van ’n hoogtepunt van 15 350 sent tot ’n 2013-laagtepunt van 3 975 sent gedaal. Volgens die Old Mutual-beleggingsgroep het die bewerings beleggers verlede jaar bykans R130 miljard gekos. Vooruitsigte: Hy herstel nou van ’n moeilike jaar en sy bates blyk goed te presteer. Hy het ’n totale dividend vir die boekjaar 2019 van 531,06 sent per aandeel verklaar.

Op die grafieke:

Sedert hy in Maart verlede jaar steun op 3 975 sent per aandeel behou het, verhandel Resilient sywaarts tussen 5 095 sent en 6 900 sent.

Gaan lank:

Resilient wankel tans op groot weerstand teen 6 900 sent per aandeel. As hy deur dié vlak breek, sal dit ’n positiewe uitbraak uit ’n jaar lange sywaartse neiging bevestig – gaan lank – met moontlike winste terug na 9 060 sent. Bo daardie vlak sal Resilient na sy vorige primêre bulneiging terugkeer – en weerstand op 11 285 sent teiken.

Gaan kort:

’n Negatiewe uitbreking uit die sywaartse patroon sal onder 5 095 sent per aandeel bevestig word, met die teiken vir afwaartse potensiaal op 2 330 sent. ’n Ommekeer onder 5 500 sent behoort waarskuwingsligte te laat flikker.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Resilient  |  Finweek  |  Aandele-Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.