Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Richemont
6 Februarie 2020
Foto: iStock

Hoewel Richemont sy langtermyn-bultendens behou het, is hy die afgelope drie jaar wisselvallig, wat tot minimale opbrengs gelei het.

Richemont het ’n laer hoogtepunt teen 12 545c per aandeel gevorm nadat hy netto wins van €869 miljoen vir die ses maande tot einde September aangekondig het.

Vooruitsigte: ’n Fokus op aanlyn kleinhandelsbesigheid het Richemont aan die gang gehou; dit het die maatskappy in werklikheid van ondergang gered.

Richemont teiken nou Chinese aanlyn kliënte, in ’n vennootskap met die e-handel-kleinhandelaar Alibaba – die platform is in Oktober laas jaar bekendgestel.

Op die grafieke: Richemont het ’n potensiële omgekeerde kop-en-skouer-formasie in sy driejaar- sywaartse band gevorm, wat ’n positiewe patroon is. Hy het onlangs die neklyn van die patroon getoets (rooi stippellyn), maar kon nie daar deurbreek nie omdat die 3-weke RSI oorgekoop was – wat ’n terugtrekking veroorsaak het. Die ander skouer wissel tans tussen 12 545c en 10 360c. ’n Hoër onderpunt bokant 10 360c sal ’n positiewe teken wees.

Gaan lank: Bo 12 545c per aandeel sal ’n positiewe deurbreking wees (gaan lank). Dit sal die driejaar- sywaartse beweging beëindig en die bulpatroon bevestig. Verwag dat Richemont sy ongeëwenaarde hoogtepunt daarna op 13 500c sal toets.

Die teiken van die kort- tot mediumtermynpatroon is 17 180c en kan getoets word sodra die hoogtepunt deurbreek is.

Gaan kort: Die bulpatroon sal onder 8 865c misluk en die langtermyn-bultendens sal ook eindig. ’n Nuwe beertendens sal teen 6 880c begin.

/
Meer oor:  Finweek  |  Aandele Mening  |  Richmont
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.