Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Rolfes
21 November 2019

Rolfes, ’n vervaardiger van chemikalieë, sluit aan by die meer as 15 aandele wat vanjaar die JSE verlaat. Die baie goedkoop waardasies veroorsaak ’n groot uittog.

Foto: iStock

Dis ook maar beter, want ’n meningsverskil tussen Rolfes en die beurs vererger nou ná die maatskappy onder sensuur is weens foute in ou finansiële state.

In die geval van Rolfes is die aanbod aan minderheidsaandeelhouers 300 sent per aandeel, en dit behoort in die eerste kwartaal van volgende jaar betaal te word.

Aangesien dit ’n vriendelike denotering is, is die gevaar van ’n mislukte transaksie baie gering.

Met slim bieëry sal dit moontlik wees om die aandeel teen onder 280 sent te koop, of selfs so laag as 275 sent, wat ’n opbrengs van meer as 7% vir die drie tot vier maande sal lewer – ’n skaflike geannualiseerde opbrengs van meer as 20%.

Die risiko

Die risiko is dat die denotering nie plaasvind nie of vertraag word. Aangesien dit ’n vriendelike denotering is, is die gevaar van ’n mislukte transaksie baie gering.

Maar in elk geval sal enige vertragings waarskynlik die uitkoop met ’n maand of twee uitstel, wat die geannualiseerde opbrengs net effens sal verminder.

As die denotering misluk, kan die aandeel terugsak tot 250 sent per aandeel. Daar is beslis ’n risiko vir ’n afwaartse beweging, maar dit is klein. 

Meer oor:  Rolfes  |  Finweek  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.