Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Sappi
22 November 2018
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Sappi konsentreer op die verskaffing van houtpulp, verpakking, druk- en skryfpapier asook onder meer biomateriale en biochemikalieë aan ’n regstreekse en onregstreekse groep kliënte in meer as 150 lande.

Sy resultate vir die jaar tot 30 September word op 15 November verwag, nadat dié uitgawe van finweek reeds drukker toe is.

Vooruitsig:

Die aandeelprys van die wêreld se grootste glanspapierprodusent het in 2007 tot ’n hoogtepunt van 14 100 sent per aandeel opgeskiet, maar daarna weens oortollige vermoë in die sektor tot ’n laagtepunt van 1 290 sent in 2009 teruggesak. Sappi se herstrukturering, weg van glanspapier af, het egter die gewenste uitwerking gehad.

Ná ’n langdurige sywaartse patroon het Sappi in 2015 begin styg en bokant 4 600 sent per aandeel gaan draai. In die grafieke: Sappi kom sedert verlede jaar op 10 545 sent groot weerstand teë en konsolideer tans, met 7 085 sent per aandeel ’n belangrike steunvlak.

Aangesien hy steeds in ’n hoofsaaklik opwaartse tendens verhandel, meen ek die huidige konsolidasie is bloot ’n blaaskans, waarna Sappi sy opwaartse momentum sal herwin en volledig sal herstel tot op sy allerhoogste vlak van 14 100 sent per aandeel.

Gaan lank:

Sappi verhandel tans sywaarts op tussen 10 545 sent en 7 085 sent per aandeel. Noudat hy ’n hoër laagtepunt bokant die steunvlak gevorm het, sal ’n voortgesette styging tot bokant 8 215 sent per aandeel die kanse vergroot dat Sappi na die weerstandsvlak van 10 545 sent kan terugkeer.

Breek hy daardeur, sal dit ’n goeie geleentheid bied om te koop of aan te vul, met die moontlikheid om op die kort tot nabye termyn 14 100 sent per aandeel te sien.

Gaan kort:

Onderkant 7 085 sent per aandeel kan Sappi weer tot op 5 280 sent per aandeel terugsak. Daar behoort hy vas te steek, anders kan steun op 3 610 sent die mikpunt word. 

/
Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Moxima Gama  |  Sappi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.