Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Sappi
7 Februarie 2019

Net meer as ’n dekade gelede, was Sappi die wêreld se grootste produsent van glanspapier vir tydskrifte. Hy is swaar getref toe die wêreldresessie die verbruikersvraag demp. Sappi het toe in 2009 begin om hom meer toe te spits op oplospulp en spesialiteitsverpakking en is nou ’n wêreldwye gediversifiseerde houtveselfirma.

In 2014 het hy die wêreld se grootste en goedkoopste produsent van sellulose geword, wat in nywerheidstoepassings soos tekstielstowwe en boumateriaal gebruik word.

Op die grafieke:

Sappi het in sy gloriedae in 2007 teen ’n absolute hoogtepunt van 14 100 sent per aandeel verhandel alvorens hy in 2009 tot ’n laagtepunt van 1 290 sent getuimel het. Na die maatskappy se strategiese verskuiwing, het Sappi se aandeelprys van 3 000 sent per aandeel in 2011 tot 10 545 sent in 2018 toegeneem.

Gaan kort:

Hoewel Sappi sedert Mei 2017 kwaai weerstand op 10 545 sent per aandeel ervaar, het hy stewige steun op 7 155 sent per aandeel ondervind. Hy is op die oomblik slegs ’n paar punte kort van dié belangrike vlak en as hy daardeur breek, kan dit ’n afwaartse neiging tot deur die tweede steuntendenslyn ontketen (grys stippeltendenslyn) tot by die belangrike steuntendenslyn van sy bultendens of die vlak van 3 610 sent per aandeel.

Gaan lank:

Omdat Sappi stewig op 7 155 sent per aandeel vasskop en besig is om te konsolideer – met weerstand op 8 530 sent per aandeel, kan ’n beweging deur dié vlak ’n herstel tot naby 10 545 sent per aandeel ontlok. As hy deur dié vlak breek, kan verdere wins tot 12 100 sent per aandeel moontlik wees en daarna 14 100 sent per aandeel op mediumtermyn.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Moxima Gama  |  Sappi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.