Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Sasol
4 Julie 2019
(Biznews)

Toe die olieprys in 2014 afgeneem het, het die geïntegreerde energie- en chemikalieëmaatskappy, Sasol, se prys gevolg.

Maar Sasol het in 2015 stewige steun bo 34 655 sent per aandeel gevind en het sedertdien sywaarts verhandel in ’n breë strook tussen 34 655 sent en 65 300 sent per aandeel.

Vooruitsig: Binne sy breë sywaartse patroon het Sasol in ’n nouer strook tussen 49 750 sent en 34 655 sent verhandel. Hy het in Maart verlede jaar weer opwaartse momentum behaal – en in Augustus selfs deur 49 750 sent gebreek – toe die olieprys weens geopolitieke vrees gestyg het. Amerikaanse sanksies teen Iran se ruolie-uitvoer het die ruolieprys opgestoot; dit het ’n hoogtepunt van $86 per vat getoets en Sasol het tot 58 580 sent gestyg.

Op die grafiek: Toe die olieprys in Oktober verlede jaar verswak het, het Sasol gevolg. Sy hoofsteuntendenslyn het ’n vryval gekeer en nuwe koopmomentum is teen 49 750 sent gelok. Sasol het nou deur sy hoofsteuntendenslyn gebreek, ná ’n aankondiging dat sy Lake Charles-projek se koste gaan opskiet tot $12,9 miljard – sowat 50% meer as aanvanklik beplan is, en sowat $1 miljard meer as wat hy drie maande vantevore voorspel het.

Sodra hy volgende jaar voltooi is, sal Lake Charles jaarlikse inkomste met sowat $1 miljard per jaar verhoog. Die aandeel is dus goed vir langtermyn-koop-en-hou, as hy ná sy onlangse daling kan herstel.

Gaan kort: Sasol is naby ’n sleutelsteunvlak van 34 655 sent. Hy kan dalk, soos voorheen, daar uithou. As hy deur dié vlak breek, kan dit egter verkope tot 30 050 sent veroorsaak – ’n kop-en-skouerpatroon (beerpatroon) sal bevestig word. As hy nie teen 30 050 sent hou nie, sal die aandag op die volgende steun teen 21 655 sent val.

Gaan lank: Sasol sal sy bultendens bo 38 330 sent hervat. Opwaartse potensiaal na 46 100 sent per aandeel behoort dan te begin. Sasol sal egter bo 49 750 sent moet verhandel om die kop-en- skouerpatroon teen te werk en weer 58 500 sent per aandeel te toets. Bo dié vlak kan hy sy ongeëwenaarde hoogtepunt van 65 300 sent per aandeel teiken – en moontlik deurbreek. 

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Sasol  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.