Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Sasol
7 November 2019
Sasol se aanleg in Sasolburg.

Sasol se aandeelprys het op 28 Oktober voortgestorm ná nuus dat sy mede- uitvoerende hoofde, Bongani Ngwababa en Stephen Cornell, in die pad gesteek is weens die wanbestuur van die ontwikkeling van sy Lake Charles- chemiese aanleg – met ’n waarde van $13 miljard – in Louisiana, Amerika.

Met koste wat voortdurend styg, het die projek die reputasie van die maatskappy geskaad.

’n Interne ondersoek het getoon dat die projek se bestuurspan “betrokke was by optrede wat onvanpas was en ’n gebrek aan bevoegdheid getoon het, en ook nie deursigtig was nie” het die groep in ’n Sens-aankondiging gesê.

Terwyl die koste verbonde aan die ontwikkeling van dié enorme aanleg met ongeveer 50% meer as die oorspronklike syfer die hoogte ingeskiet het, het die aandeelprys skerp tot die laagtepunt van 2008 gedaal.

Die Lake Charles-Project nader tans voltooiing, en Sasol is vol vertroue dat die aanleg binnekort sal begin om finansiële en strategiese voordele te lewer.

Hoe om dit te verhandel:

Sasol het deur ’n belangrike weerstandsvlak van R288,80 per aandeel gebreek en is op pad na nog ’n belangrike weerstandsvlak op R315.

Maar omdat die driedaagse relatiewesterkte-indeks (3D RSI) oorkoop is, is ’n regstelling ophande – moontlik terug tot by R288,80 per aandeel. ’n Ommeswaai bokant dié vlak sal ’n goeie koopgeleentheid bied.

Nog ’n koopvlak sal bokant R315 per aandeel wees, met die nabye-termyn- teiken op R383,50 per aandeel.

Andersins, kan ’n daling tot deur R263,75 daartoe lei dat Sasol weer steun op R248,60 per aandeel toets.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Sasol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.