Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Sasol
20 Februarie 2020
Simon Brown

Ek besit Sasol* al sedert 1994. In 2015 het ek ’n rubriek geskryf oor of dit ’n fout is om dié aandeel te hou – en besluit dit is nie. Ek het Sasol gehou, maar nie my posisie aangevul nie. Dit was wel ’n fout.

Sasol se jongste handelsverklaring begin met ’n verwysing na ’n verwagte “bevredigende stel bedryfsresultate”. Ek is nie seker hy is bedryfsgewys gesond nie. Die lang vertraging en kosteoorskrydings op die Lake Charles chemiese projek in Amerika en ’n gebrek aan vordering met die besoedeling uit sy Sasolburg-aanlegte dui op die teendeel.

Ja, Lake Charles sal sekerlik later in bedryf kom en inkomste en wins genereer – tot die volgende bedryfskwessie, ontploffing of kosteaanpassing weer winste begin knou.

Omdat ek baie jare lank geen aandele bygevoeg het nie, maak Sasol nou ’n baie klein deeltjie van my portefeulje uit en moet óf aangevul óf verkoop word.

Omdat ek baie jare lank geen aandele bygevoeg het nie, maak Sasol nou ’n baie klein deeltjie van my portefeulje uit en moet óf aangevul óf verkoop word.

Met besoedeling en klimaatsverandering deesdae ál meer in die kollig, lê moeilike tye vir Sasol voor en ek wil nie langer deel daarvan wees nie. Ek sal my standpunt in 2015 as ’n fout beskou en uitklim. 

Foto’s: Gallo / Getty Images | Shutterstock
Foto’s: Gallo / Getty Images | Shutterstock
  • Die skrywer besit Sasol-aandele en sal dit verkoop teen druktyd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.