Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Shoprite Holdings
15 Augustus 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Nadat Shoprite in 2013-’16 reggestel het, het sy langtermyn-bultendens in Maart verlede jaar tot ’n hoogtepunt van 28 190 sent per aandeel gestyg.

Verlede jaar het Shoprite die eerste daling in verdienste sedert 1998 aangekondig (toe Shoprite OK Bazaars vir R1 verkry het). Die maatskappy het toe gesê verskillende invloede het almal daartoe bygedra om die negatiewe uitwerking van lae inflasie te vererger – waaronder gewapende roof, hoë brandstofpryse, chroniese werkloosheid, nywerheidsoptrede en die eerste BTW-verhoging in 25 jaar.

Vooruitsigte: Shoprite verhandel steeds in die regstellende beertendens – wat binne sy langtermynbulkanaal gevorm word.

Wat die grafieke sê: Shoprite het deur die laer helling van sy langtermynbulkanaal gebreek en wankel op die belangrike steun van 14 885 sent per aandeel. Onlangs het die aandeelprys die meeste in 22 jaar herstel ná die aankondiging van ’n terugsprong in die tweede helfte van sy finansiële jaar geëindig Junie. Verkope in die tweede helfte sal na verwagting met 6,5% styg vergeleke met groei van 0,2% in die eerste helfte van die jaar. Resultate vir die 52 weke tot 20 Junie verskyn op 20 Augustus.

Gaan lank: Met die relatiewe sterkte-indeks (RSI) vir drie maande wat stygende bodems vorm (positiewe divergensie), kan Shoprite teen 1 4 885 sent per aandeel hou. Bo 16 685 sent sal hy sy bulkanaal hervat en die huidige regstelling vryspring. Sodanige skuif behoort verdere stygings tot 19 180 sent per aandeel te lewer. Verwag bo dié vlak voortdurend opwaartse oplewing tot 22 550 sent. Voortgesette optimisme kan veroorsaak dat Shoprite op die lang termyn die boonste helling van sy kanaal hertoets.

Gaan kort: Shoprite sal sy regstelling onder 14 885 sent per aandeel uitbrei en ’n negatiewe uitbreking uit sy belangrikste bulkanaal bevestig – en sodoende ’n verkoopsein gee. Afwaartse potensiaal teen 12 405 sent kan dan volg. Verdere ondersteuning teen 8 740 sent per aandeel kan met voortgesette verkoope moontlik getoets word. 

/
Meer oor:  Menings  |  Finweek  |  Shoprite Holdings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.