Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Shoprite Holdings
20 Februarie 2020

Drie weke gelede het Shoprite aangekondig dat al drie sy supermarkhandelsmerke in die huidige moeilike mark goed gedoen het, ondanks die voortdurende Angolese hiperinflasie, wat op sy nie-SA prestasie geweeg het. Shoprite sal sy halfjaarresultate op omtrent 25 Februarie bekend maak.

Vooruitsigte:

In Augustus verlede jaar het ek beleggers gewaarsku dat Shoprite teen 12 405c per aandeel (wat teruggaan tot Januarie 2012) op sleutelsteun aarsel en dat ’n deurbreking van dié vlak ’n afverkoop kan veroorsaak.

Shoprite het in dieselfde maand deur daardie vlak verhandel, en hoewel hy opwaartse momentum vinnig herwin het en nie getuimel het soos verwag is nie, bly sy huidige beerkanaal ongeskonde.

Op die grafieke:

Shoprite verhandel tans onder sleutelsteun teen 12 405c per aandeel. Hy kan deur dié vlak herstel, maar die weerstandstendenslyn van sy huidige beerkanaal (boonste blou stippeltendenslyn op die grafiek) kan opwaartse potensiaal beperk.

Indien wel, kan die afwaartse potensiaal tot 10 890c per aandeel volg, wat die onlangse stygende toppunt (blou pyltjies op die grafiek) negatief maak, en moontlik verdere verkope tot die volgende ondersteuning op 8 740c per aandeel veroorsaak.

Om sy vorige langtermyn-bultendens te hervat, sal hy bo 19 180c per aandeel moet verhandel.

Gaan kort:

As Shoprite nie hoër as 14 885c per aandeel kan herstel nie en sy indeks van relatiewe sterkte vir drie maande onder die rooi helling bly, moet nie lank gaan nie (bly kort).

Met afwaartse potensiaal onder 10 890c per aandeel kan Shoprite verder deur 8 740c per aandeel kapituleer – en voortgesette verkope kan steun teen 5 700c per aandeel toets.

Gaan lank:

Die huidige beerkanaal sal bo 14 885c per aandeel eindig, met opwaartse potensiaal tot die eerste swart vetdruktendenslyn.

Shoprite sal deur dié tendenslyn moet breek om sy vorige bultendens te hervat.

’n Goeie koopposisie sal slegs bo 19 180c per aandeel gebied word, en opwaartse potensiaal tot die vlak van 28 190c per aandeel of die boonste swart vetdruktendenslyn kan volg.

  • Stuur 'n foto na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB
Meer oor:  Finweek  |  Shoprite  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.