Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: South32 Ltd - Mangaan benadeel waardasie
30 Julie 2020
South32 se mangaanmyn in die Noord-Kaap

South32, wat in 2015 uit BHP ontknoop is, het in ’n onlangse kwartaalverslag gesê hy verwag sy mangaanbates vir die fiskale jaar geëindig Desember 2020 sal met $109 miljoen (R1,8 miljard) verswak. Dit is in reaksie op die Covid-19-pandemie wat die wêreld-ekonomie teister. Mangaan word gebruik as ’n versterkingsbestanddeel in die vervaardiging van staal.

Hy verwag ook om ’n eenmalige voorbelaste herstruktureringskoste by sy Metalloys-legeringsmelter in Vereeniging van ongeveer $7 miljoen aan te kondig. Die aandeelprys is onveranderd, terwyl dit steeds op die boonste helling van sy langtermynbeerkanaal verhandel.

Hy het hom bewys as ’n konsekwente kontantskeppende onderneming, met die sterkste balansstaat in die sektor en ’n dividendopbrengs van 3,25%.

Met ’n markkapitalisasie van R124 miljard is South32 ’n globaal gediversifiseerde metaal- en mynmaatskappy met bedrywighede in Australië, Suider-Afrika en Suid-Amerika.

Hy het hom bewys as ’n konsekwent kontantskeppende onderneming, met die sterkste balansstaat in die sektor en ’n dividendopbrengs van 3,25%. Hy het met die verloop van jare vinnig gevorder deur koste by onwinsgewende bedrywighede te snoei om so sy skuld te verminder.

Hoe om dit te verhandel:

Opwaarts deur 2 665c per aandeel sal beteken dat South32 deur die boonste helling van sy kanaal gebreek het; wees bereid om lank te gaan. ’n Positiewe uitbreking bokant 2 970c (gaan lank), kan beteken dat die aandeel uiteindelik besig is om op pad na sy absolute hoogtepunt van 4 480c te herstel. Indien South32 groot weerstand by 2 665c ondervind, moet jy nie lank gaan nie. ’n Ommeswaai deur 2 280c kan die beerkanaalsteun tot by 1 635c verleng.


Meer oor:  South32  |  Finweek  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.