Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Stadio Holdings
13 September 2018
Dr. Chris van der Merwe, groep uitvoerende hoof van Stadio Holdings, en Khaya Sithole, ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur, tydens Stadio se notering op die JSE. Foto: Elizabeth Sejake

Die private tersiêre onderwysgroep Stadio het in Oktober verlede jaar uit die private onderwysgroep Curro ontknoop. Hy bly egter in die PSG-groep.

Aan die begin van September het Stadio aangekondig sy inkomste vir die ses maande tot Junie 2018 het tot R301 miljoen gestyg (van R34,6 miljoen af in die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar).

Die maatskappy het gesê hy bly toegespits op die groei van sy geregistreerde hoër onderwys instellings en sit sy “verkryging van nog gepaste hoëronderwysinstellings” voort. Sy getal ingeskrewe studente het die afgelope jaar met 10% tot 27 777 toegeneem. Teen Augustus het dit verder gestyg, tot 29 156. Geen dividend is verklaar nie.

As deel van Stadio se planne om geografies uit te brei het die groep ook ’n ooreenkoms aangegaan vir die verkryging van ’n oop stuk grond van 7 ha in Durbanville, Wes-Kaap. Die groep verwag om teen Februarie 2021 ’n nuwe kampus te open. Dié kampus sal mettertyd nagenoeg 5 000 kontakleerstudente huisves.

Sy getal ingeskrewe studente het die afgelope jaar met 10% tot 27 777 toegeneem. Teen Augustus het dit verder gestyg, tot 29 156.

Verhandel hom só:

Stadio verhandel tans op tussen 505 sent en 380 sent per aandeel, en is na sy belangrike weerstandsvlak van 505 sent op pad. Met die drieweekse relatiewesterkte-indeks in oorverkoopte gebied is ’n terugsakking op nabye termyn egter moontlik. Sou steun op 430 sent per aandeel behou word – om só ’n hoër laagtepunt bokant 380 sent per aandeel te vorm – kan die aandeel moontlik deur 505 sent breek.

’n Goeie koopgeleentheid sal hom bokant daardie vlak voordoen, met die moontlikheid van ’n styging tot op 585 sent per aandeel en dan 700 sent per aandeel. Die alternatief is dat die sywaartse momentum sal voortduur totdat die aandeelprys óf boontoe óf ondertoe uitbreek. Die daalmikpunt onderkant 380 sent sal 255 sent per aandeel wees. 

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Stadio Holdings  |  Finweek  |  Psg  |  Aandele-Mening  |  Curro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.