SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Finweek
Aandele-mening: Telkom
8 November 2018
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Telkom, die half-geprivatiseerde inligtings- en kommunikasietegnologie-diensteverskaffer (IKT), het meer as 3,5 miljoen telefoontoegangslyne en meer as een miljoen internetpoorte wat ondernemings, residensiële en betaalfoonklante bedien.

Telkom is 39% in staatsbesit en doen tans sake in meer as 38 lande oor die vasteland van Afrika heen. Telkom se aandeelprys het vanaf 2013 uitmuntend presteer toe die huidige uitvoerende hoof, Sipho Maseko, aangestel is nadat die onderneming weer ’n laagtepunt van 1 130 sent per aandeel bereik het en in 2015 het hy ’n hoogtepunt van 8 580 sent getoets.

In 2013, het Telkom ook sy belang van 50% in Vodacom verkoop. Maseko het ’n intensiewe regrukplan ingestel met die doel om koste met R1 miljard per jaar te besnoei.

Vooruitsigte:

Nadat Telkom ’n laer boonste draaipunt by 8 250 sent in Mei 2017 gevorm het, het hy van sy wins prysgegee tot by die steunvlak van 4 160 sent per aandeel, aangesien die tegniese en telekomsektor in die heersende ekonomiese toestande sukkel.

Wat die grafieke sê:

Op die oomblik verhandel Telkom vasgevang in die strek tussen 4 160 en 5 825 sent per aandeel in ’n simmetriese driehoek.

Gaan lank:

Beweging bo 5 825 sent per aandeel sal ’n positiewe uitbreking van die driehoek bevestig en ’n koopsein ontketen. Die kort- tot mediumtermyn- teiken van die uitbrekingpatroon sal op 7 815 sent per aandeel wees.

Tekens van ’n bul-uitbreking word verwag indien die drieweekse relatiewesterkte- indeks (3W RSI) voortgaan om in November bo die boonste helling van sy eie driehoek te verhandel.

Posisies kan bokant 6 885 sent per aandeel vergroot word.

Gaan kort:

’n Negatiewe uitbreking van die driehoek sal onder 4 600 sent per aandeel bevestig word, met die onderste teiken vasgestel op 2 610 sent per aandeel. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.