Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Telkom
6 Februarie 2020
Foto: Gallo/Getty Images
Foto: Gallo/Getty Images

Telkom se aandeelprys was waansinnig – van R100 middel verlede jaar het dit tot die huidige vlak van net bokant R30 getuimel. Ja, R100 was gek, maar so ook is R30.

Verskillende afdelings 

Die maatskappy is vandag ’n perd van ’n heel ander kleur as toe hy destyds ’n monopolie was. Hy het ook in verskillende afdelings verdeel, soos netwerk, eiendom en data wat in die ope mark meeding.

Sy selfoondiens het meer as 10 miljoen intekenare, maar ofskoon winsgewend, het dit verreweg nog nie ’n lonende omset bereik nie – daarvoor is seker minstens 20 miljoen kliënte nodig.

Sy selfoondiens het meer as 10m. intekenare, maar ofskoon winsgewend het dit verreweg nog nie ’n lonende omset bereik nie.

Telkom gee ’n groot bedrag op kapitaalbesteding uit, met sowat die helfte van sy selfooninkomste wat aan kapitaal gaan. Dit sal nie sommer gou verminder nie. Sy waardasie is egter heeltemal te aantreklik om te ignoreer, al druk die regering hom om nie met sy beplande afleggings voort te gaan nie.

Om in Telkom ’n posisie op te bou is die moeite werd vir iemand met hope geduld wat op soek is na ’n mate van risiko en goeie opwaartse potensiaal. Moet egter nie oorhaastig wees nie, die prys kan dalk nog effens verswak. 

Meer oor:  Finweek  |  Aandele Mening  |  Telkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.