Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Telkom
25 Junie 2020
A sign stands at the entrance to the Telkom SA SOC

Telkom verwag om vir die jaar tot einde Maart ’n aansienlike daling in verdienste aan te teken weens verliese rakende Covid-19 en die koste van sy herstruktureringsprogram.

Hy verwag sy wesensverdienste per aandeel sal met tussen 65% en 70% daal en basiese verdienste per aandeel sal met 80% afneem vergeleke met verlede jaar. Die dalings is hoofsaaklik weens eenmalige koste van sowat R1,2 miljard rakende sy herstruktureringsprogram, sê Telkom.

Telkom verwag om vir die jaar tot einde Maart ’n aansienlike daling in verdienste aan te teken weens verliese rakende Covid-19 en die koste van sy herstruktureringsprogram.

Selfs met die huidige ekonomiese uitdagings het die prestasie van Telkom se debiteureboek egter nie agteruitgegaan tussen Maart en Mei nie. Telkom moet sy resultate op 22 Junie uitreik en hy het beleggers gewaarsku sy grootste uitdaging vir die jaar is die afname in vastelyn-steminkomste, wat 22% laer is as verlede jaar. Groei van meer as 50% in selfoondiensinkomste vir die jaar kanselleer dié verliese egter uit.

Verhandel hom so:

Telkom het sy laagtepunt op 1 325c per aandeel agtergelaat en herstel langsamerhand binne sy afwaartse tendens. Trouens, sy aandeelprys is enkele punte van sy weerstandstendenslyn af; breek hy deur dié tendenslyn sal dit op ’n verbetering in sentiment dui. ’n Positiewe uitbreking sal bokant 3 185c per aandeel bevestig word. As hy bo 1 720c kan bly, selfs nadat sy resultate in Junie uitgereik is, moet ’n herstel in die aandeelprys verwag word. Bo 3 185c sal dit ’n koopgeleentheid bied, met ’n moontlike styging tot 5 225c.

Hersien lang posisies op 5 825c, of bly lank omdat die styging tot 6 685c per aandeel kan duur. Moenie lank gaan met groot weerstand op 3 185c nie; hy kan dan langer tussen 1 325c en 3 185c konsolideer.

Meer oor:  Finweek  |  Aandele Mening  |  Telkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.