Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Tiger Brands
6 Desember 2018

Tiger Brands is ’n vervaardiger van kos-, huishoudelike en persoonlike- sorgprodukte. Sy sake strek oor Afrika en verder.

Beleggers het Tiger Brands se aandeelprys gestraf toe ’n uitbraak van listeriose die firma gedwing het om baie van sy produkte terug te roep en vier fabrieke tydelik te sluit.

Vooruitsig: Tiger Brands handhaaf sedert 2009 ’n bestendige bulkanaal. Die aandeelprys het in 2013 met 30% gedaal as regstel- ling binne sy kanaal toe belegger- sentiment gedaal het weens nega- tiewe nuus oor sy bedrywighede in Nigerië. Hy het in 2012 ’n belang van 63,35% in Dangote Flour Mills Plc in Nigerië vir R1,5 miljard verkry, maar moes R850 miljoen teen 2014 afskryf.

Nadat hy die belang in sy verliesmakende afdeling in Desember 2015 verkoop het, het beleggersentiment herstel – die aandeelprys het sy verliese herwin en weer die boonste helling van sy langtermynbulkanaal getoets.

Op die grafieke: Ondanks die stadige afhandeling van die listerioseprobleme sukkel Tiger Brands se aandeelprys om te herstel. ’n Negatiewe uitbreking van die primêre bulkanaal word onder R238,50 bevestig.

Gaan kort: Nadat Tiger Brands ondersteuning op R238,50 per aandeel behou het, het hy herstel. Hy het egter steeds onder R305 verhandel; R340,50 per aandeel sal ’n gebrek aan beleggersvertroue aandui.

Met afwaartse potensiaal deur R238,50 kan Tiger Brands verder daal tot R202, en dalk R168,50 in die kort tot medium- termyn.

Gaan lank: Tiger Brands moet bo R340,50 verhandel om sy vorige bulkanaal te hervat.

Deur dié vlak sal ’n goeie koopteken geaktiveer word, met opwaartse potensiaal tot R402,75 en dan na die boonste helling van die langtermynbulkanaal.

Indien nie, moenie lank gaan nie.

* Stuur boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.