Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele Mening: Truworths
10 Oktober 2019
Foto: Gallo/Getty Images

Truworths het einde September aangekondig dat hy die herstrukturering van sy Britse skuld suksesvol afgehandel het. Dit hou verband met die skoeiselkleinhandelaar Office.

Truworths, wat plaaslik handelsmerke soos YDE en Ginger Mary besit, het in Desember 2015 ’n belang van 88,9% in Office gekoop, vir £256 miljoen. Die groep het intussen erken dat dit ’n swak belegging was.

Truworths het op 26 September in ’n Sens-aankondiging gesê hy het nou “suksesvol ’n ooreenkoms met Standard Bank, sy belangrikste Suid-Afrikaanse bank, gesluit om finansiering in sterling te bied wat dit moontlik maak om die Office-onderneming te herfinansier”.

Truworths, wat plaaslik handelsmerke soos YDE en Ginger Mary besit, het in Desember 2015 ’n belang van 88,9% in Office gekoop, vir £256 miljoen.

Die finansieringsbedrag van £32,5 miljoen, saam met £10,5 miljoen se kontantreserwes, is gebruik om Office se bestaande skuld in sterling van £43 miljoen te betaal. Truworths sê die handelstoestande in Brittanje bly moeilik vir kleinhandelaars “weens verswakte verbruikersvertroue en onsekerheid voor die Brexit-sperdatum van einde Oktober vanjaar”.

Hoe om dit te verhandel:

Truworths het in Maart vanjaar deur die steuntendenslyn (wat van 2007 dateer) van sy langtermyn- daaltendens gebreek. ’n Paar maande later het hy ’n negatiewe uitbreking onder 6 120 sent per aandeel bevestig.

As Truworths nie tot bo 6 120 sent herstel nie, kan ’n daling tot 4 500 sent volg. Voortgesette verkope sal waarskynlik die volgende steunvlak by 2 950 sent teiken. Andersins sal Truworths bo 8 000 sent moet verhandel om sy vorige stygtendens te hervat. Daarna kan sy aandeelprys na die algehele hoogtepunt van 11 740 sent herstel.

Meer oor:  Truworths  |  Finweek  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.