Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Vodacom
21 November 2019

Vodacom, Suid-Afrika se grootste selfoonoperateur, het flou inkomstegroei van 3,9% aangemeld, hoofsaaklik ondersteun deur verhoogde diensverkope, vir die ses maande tot 30 September. Ondanks die geringe toename in omset, het die groep aangepaste winsgroei van bykans 19% vir die tydperk opgelewer.

Die maatskappy het aangedui dat hy sal deelneem aan die bieëry en die inbedryfstelling van die Suid-Afrikaanse regering se hoëvraagspektrum wat onlangs aangekondig is. Vodacom het ook ’n spesiale dividend van R1,1 miljard aangekondig ná ’n opwelling in internasionale inkomste.

Op die grafieke: Vodacom het nou uit sy afwaartse tendens ontsnap, wat as ’n dalende wigpatroon gevorm het en wat ’n voortgesette bulpatroon is. Dit is ontketen deur stewige groei in sy M-Pesa-mobiele gelddiens, wat in die onderhawige tydperk van ses maande 797 000 klante gelok het en wat nou meer as $2,8 miljard per maand verdien hanteer.

Gaan lank: Hoewel hy herstel, moet Vodacom deur die belangrike weerstandsvlak van 14 000 sent per aandeel breek om moontlike konsolidasie te neutraliseer. ’n Stap soos dié behoort ’n lopie te ontketen op pad na 17 235 sent. Die aandeel sal sy vorige primêre bultendens bokant dié vlak hervat en in hierdie geval kan dit weer sy absolute hoogtepunt van 18 700 sent toets.

Gaan kort: ’n Sywaartse tendens tussen 10 940 sent per aandeel en 14 000 sent kan voortduur indien Vodacom ’n plafon op 14 000 sent per aandeel bereik. ’n Afwaartse deurbraak deur 10 940 sent kan heel moontlik ’n uitverkoop ontketen tot ’n steunvlak van 8 900 sent per aandeel. ’n Voortgesette afwaartse beweging kan daartoe lei dat Vodacom sy volgende belangrike steunvlak van 6 495 sent per aandeel toets.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Vodacom  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.