Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Vodacom-groep
7 Februarie 2019
Shameel Joosub Uitvoerende groephoof van Vodacom

Vodacom se aandeelprys het op 24 Januarie ’n verbluffende 8% laer geopen nadat die maatskappy bekend gemaak het dat sy inkomste uit dienste by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede het vir die drie maande tot einde Desember met 0,9% afgeneem tot R13,9 miljard. In die handelsverslag verduidelik Shameel Joosub, uitvoerende groephoof, dat plaaslike inkomste beïnvloed is deur die uitwerking van sy strategie om pryse ter wille van laer kommunikasiekoste te transformeer, asook die onderlinge stuur van verkeer tussen swerfdiensvennote.

Alle plaaslike selfoonoperators was die afgelope tyd onder groot druk om datapryse te verlaag. Daarby het Okosa besluit operateurs se regulasies vir eindgebruikers en intekenare moet toelaat dat kliënte hul ongebruikte data na ’n volgende maand kan oordra, wat operateurs se inkomste uit data verder onder druk plaas.

Volgens Joosub het wêreldbedrywighede se sterk prestasie egter gehelp om te vergoed vir die kwartaal se verlangsaming in Suid-Afrika. Op groepvlak het inkomste met 1,5% tot R23 miljard toegeneem, terwyl die totale inkomste uit dienste 2,4% hoër was op R18,9 miljard.

Verhandel hom so: Ondanks die skerp daling van 8% ná die uitreiking van sy handelsverslag, behou Vodacom belangrike steun op 11 805 sent. Sy tweede belangrike steunpunt op langer termyn is 11 460 sent.

As hy bokant dié twee vlakke kan bly, behoort hy die verlies te kan inhaal en moontlik tot by 13 640 sent te herstel. Bly in dié geval lank.

Slaag Vodacom nie daarin om die verlies in te haal nie, of dit wel doen maar weer tot onder 12 670 sent terugsak, sal die bere waarskynlik opnuut toeslaan. Steun op 11 460 sent kan dan meegee (wat as ’n verkoopsein beskou sou kon word). In dié geval kan Vodacom verder terugsak tot by 10 060 sent – en moontlik tot by 8 900 sent.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Vodacom  |  Aandele-Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.