Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Woolworths
16 Julie 2020
/

Vroeër vanjaar het Woolworths gerugte die nek ingeslaan dat hy dit oorweeg om uit sy probleemkind, die Australiese afdelingsketting, David Jones, te disinvesteer.

Woolworths het die maatskappy in 2014 vir A$2,1 miljard gekoop met die gedagte om ’n luuksekleinhandelaar met meer verkope en hoër wins te skep. Woolworths het verlede jaar in Julie die waarde van David Jones met nog A$437 miljoen verminder, wat die totale afwaartse waardasie sedert 2014 op A$1,1 miljard plaas.

Vroeër vanjaar het Woolworths gerugte die nek ingeslaan dat hy dit oorweeg om uit sy probleemkind, die Australiese afdelingsketting, David Jones, te disinvesteer.

In ’n aankondiging in Junie het die kleinhandelaar sy besluit om sy sukkelende David Jones te finansier uiteengesit, waarvoor hy kwaai deur ontleders gekritiseer is omdat hulle meen dat David Jones ’n bodemlose put is. Woolworths sal bykans R1 miljard bestee om die Australiese onderneming verder te finansier.

Hoe om dit te verhandel:

Woolworths verhandel in ’n beerkanaal sedert hy in Augustus 2016 uit sy primêre bultendens gebreek het. Dié daalmomentum het by die onderste helling van die kanaal steiler geword toe die wêreldmarkte tydens die Covid-19-afverkoop gedaal het. Nadat Woolworths steun by 2 400c per aandeel behou en van die onderste vlak teruggespring het, het hy opwaartse potensiaal herwin en deur die belangrike weerstandsvlak van 3 285c gebreek – wat ’n koopsein ontketen het.

Ek stel voor dat daar matig bo dié vlak gekoop word en dan posisies te verhoog sodra daar deur die volgende weerstand van 4 305c gebreek is. Opwaartse potensiaal tot óf 5 000c óf die boonste helling van die beerkanaal behoort te volg. Moenie lank gaan as Woolworths deur 3 285c terugsak nie aangesien dit weer steun op 2 400c kan toets.

Meer oor:  Finweek  |  Woolworths  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.