Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
African Rainbow Minerals: Die stygtendens kan eindig
18 Maart 2021

African Rainbow Minerals (ARM) het belange in ’n wye reeks myne, waaronder platinum, ystererts, steenkool, koper en goud. ARM en Xstrata se Goedgevonden-myn naby Witbank lewer 6,7 miljoen ton steenkool per jaar.

ARM besit 20% van Harmony Gold, die 12de grootste goudmynmaatskappy ter wêreld, met drie mynboubedrywighede in SA. ARM se tussentydse resultate tot 31 Desember, uitgereik op 3 Maart, toon danksy hoër kommoditeitspryse ’n groot styging van 134% in die tussentydse wesensverdienste.

Die maatskappy het sy uitkering aan aandeelhouers verdubbel en ’n tussentydse dividend van R10 per aandeel verklaar.

Die styging is tot ’n rekord van R5,04 miljard vergeleke met R2,17 miljard in die oorenstemmende tydperk. Die maatskappy het sy uitkering aan aandeelhouers verdubbel en ’n tussentydse dividend van R10 per aandeel verklaar.

Hoewel die Covid-19-pandemie se uitwerking op ARM gering was, het sy wesensverdienste in die steenkoolafdeling geval weens laer pryse vir termiese steenkool en minder verkope aan Eskom. Hoër produksiekoste het ook sy tol geëis.

Die groep beplan om teen 2024 ’n bykomende 300 000 onse platinumgroepmetale te produseer nadat die uitbreiding van die Two Rivers-myn in Limpopo en die Modikwa-myn goedgekeur is. Ondanks sy spogresultate lyk ARM se aandeelprys flou en toets selfs die steuntendenslyn van sy steiler stygtendens. Die drieweekse indeks van relatiewe sterkte (3W RSI) is ook wisselvallig. Sy stygtendens van een jaar sal eindig as hy daaruit breek.

Hoe om dit te verhandel:

’n Daling deur 26 200c per aandeel sal ’n negatiewe uitbreking uit sy stygtendens bevestig en tot steun by 23 900c lei. As hy deur dié vlak breek, sal ’n regstelling tot 21 870c volg. As ARM nie daar bly nie, kan verdere verkope tot 19 330c volg.

Andersins sal ARM bo sy algehele hoogtepunt van 30 725c moet verhandel (en die 3W RSI sal van sy steuntendenslyn vir een jaar moet opswaai) om die huidige stygtendens voort te sit. ARM kan dan na 32 500c styg.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  African Rainbow Minerals
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.