Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Afrimat
6 Junie 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

’n Sterk stel resultate van Afrimat vir die jaar tot 28 Februarie. Wesensverdienste per aandeel (WVPA) is 29,6% hoër danksy ’n styging van 24,6% in inkomste.

dividend was onveranderd op 62c, wat die aandeel op ’n gemaklike prys-verdienste-verhouding (p/v) van 13 en ’n dividendopbrengs van sowat 2,5% plaas.

Die bestuur bewys hom deurlopend as bedrewe met nie slegs die bedryf van die onderneming nie, maar ook die deurhaak van goed geprysde, strategiese transaksies. Die mees onlangse voorbeeld is die Demaneng-ysterertsmyn, wat nou byna die helfte van die groep se wins bydra.

'n Kwelpunt is egter die moontlike aankoop van Universal Coal vir sowat R2 miljard. Skuld-tot-ekwiteit staan op ’n beskeie 23,8%, maar die transaksie sal waarskynlik ’n regteuitgifte vereis.

Met ’n markkapitalisasie van sowat R4,4 miljard sal dié transaksie boonop verreweg die grootste wees wat Afrimat nog beklink het en sal hy ’n stewige premie vir Universal Coal betaal (die voorgestelde prys is dubbel wat die aandeelprys in 2017 was).

’n Kwelpunt is egter die moontlike aankoop van Universal Coal vir sowat R2 miljard. Skuld-tot-ekwiteit staan op ’n beskeie 23,8%, maar die transaksie sal waarskynlik ’n regteuitgifte vereis.

Slim en winsgewende transaksies is deel van die groep se DNS, maar die grootte van dié transaksie wek kommer (lees ook my artikel op bladsy 18) en ek sal nie in dié stadium koop nie. Val die transaksie deur die mat, kan enige swakheid ’n koopaanduiding wees. 

Meer oor:  Finweek  |  Afrimat  |  Aandele-Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.