Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Al FANG+ se tande is ewe skerp
6 Februarie 2020
Shaun Murison

Die New Yorkse aandelebeurs bied beleggers blootstelling aan tien leidende globale tegnologie-aandele in een instrument.

Van 19 September 2014 tot 31 Desember 2019, het die NYSE FANG+ -indeks ’n geannualiseerde totale opbrengs van 24,27% per jaar gelewer, ongeveer 45% meer as dié van die Nasdaq-100-indeks en meer as dubbel dié van die S&P 500-indeks oor dieselfde tydperk.

Die indeks is gelyk beswaar – dit wil sê, tien maatskappye met ’n toewysing van 10% elk – en word kwartaalliks herbalanseer.

Die NYSE FANG+ -indeks bestaan uit Facebook, Apple, Amazon, Netflix, Alphabet, Tesla, Nvidia, Alibaba, Baidu en Twitter.

Die Groot Vier Facebook, Amazon, Apple en Alphabet, Google se moedermaatskappy, staan bekend as die “Groot Vier” tegnologiemaatskappye.

Die NYSE FANG+ -indeks bestaan uit Facebook, Apple, Amazon, Netflix, Alphabet, Tesla, Nvidia, Alibaba, Baidu en Twitter.

Hulle dek van die grootste name in sosiale media, aanlyn kleinhandel, kunsmatige intelligensie en verbruikerselektronika.

Apple en Alphabet

Apple en Alphabet is twee van die vyf globale maatskappye wat spog met ’n markkapitalisasie van meer as $1 duisend miljard.

China Hoewel Alibaba en Baidu albei multinasionale maatskappye is, bied hulle vir beleggers leidende blootstelling aan die mark in die digbevolkte Oosterse streek.

Baidu

Baidu, ’n China-gebaseerde maatskappy, spesialiseer in internetverwante produkte en dienste asook kunsmatige intelligensie. Die maatskappy spog met wat op een ná die grootste soekenjin in die wêreld is en besit meer as 75% van China se soekenjinmark.

Alibaba

Alibaba is steeds een van die grootste e-handel-, kleinhandel- en sake-tot-verbruiker- en sake-tot-sake-markte in die wêreld.

Netflix

“Op aanvraag”-vermaak Netflix is op die voorgrond van vernuwing in die “op aanvraag”- intekengegronde vermaaklikheid.

Dié maatskappy het nou meer as 167 miljoen betalende intekenare wêreldwyd met verdienste – in die veronderstelling van konstante wisselkoerse – wat gelyk verdien word van Amerika en die res van die wêreld. Inhoud wat self deur Netflix vervaardig word, het die meeste benoemings vir die Golden Globe- en die Oscar-toekennings in 2020 ontvang.

“Op aanvraag”-vermaak Netflix is op die voorgrond van vernuwing in die “op aanvraag”- intekengegronde vermaaklikheid.

Hoewel die landskap van “op aanvraag”-televisie al hoe meer mededingend word, groei Netflix aangesien hy 8,8 miljoen betalende intekenare bygevoeg het – in die dieselfde kwartaal in 2019 wat Disney+ en Apple TV, twee mededingers, bekend gestel is.

Nvidia

Nvidia Corporation, wat in Amerika gesetel is, is ’n tegnologiemaatskappy wat hom op grafiese verwerkingseenhede, halfgeleiers en kunsmatige intelligensie toespits.

Die maatskappy maak voorsiening vir die toenemende e-dobbelmark en het na die selfoonmark beweeg en vervaardig eksklusiewe verwerkers vir slimfone en -tablette.

Tesla

Die Tesla-gedeelte van die NYSE FANG+ -indeks bied vir beleggers blootstelling aan die volhoubare-energie-sektor, hoofsaaklik deur middel van die motorbedryf. Met verloop van jare was die groep se verdienste onbestendig gewees, hoewel die maatskappy in die derde kwartaal van 2019 wel weer winsgewend was.

Bedryfskoste het afgeneem en het gehelp om bruto marges vir die onderneming te versterk. Tesla lyk nou gereed om produksie te verhoog met die voltooiing van sy Gigafabriek in China, wat tot laer produksiekoste behoort te lei.

Tesla voorspel dat hy in die toekoms homself sal finansier met veel beter vrye kontantvloei.

Tesla voorspel dat hy in die toekoms homself sal finansier met veel beter vrye kontantvloei.

Twitter

Twitter, die mikroblog- sosiale netwerkdiens, is miskien die mins geliefde van die lede van die NYSE FANG+ -indeks. ’n Daaglikse aktiewe gebruik van 145 miljoen intekenare op die diens sal beter deur die maatskappy in geld omgesit moet word om verdienste beduidend te laat groei; soos wat sy veel groter eweknie, Facebook, vermag het.

Institusionele siening aangaande aandele in die NYSE FANG+ -indeks Die tabel toon dat agt van die tien aandele gewild onder ontleders is omdat hulle almal minstens ’n “koop”- langtermyn- gemiddelde gradering het.

Tesla en Twitter het ’n gemiddelde langtermyn- makelaarsgradering van “hou”.

Hierdie maatskappye bied ’n voortgesette geleentheid vir groei, ondanks hul groot markwaardes. Hulle vernuwe steeds in rigtings waar markte miskien nog nie eens bestaan nie.

Die NYSE FANG+ -indeks bied vir beleggers ’n gediversifiseerde geleentheid om blootstelling te kry aan bedryfsleidende media- en tegnologiemaatskappye.

Hierdie maatskappye bied ’n voortgesette geleentheid vir groei, ondanks hul groot markwaardes. Hulle vernuwe steeds in rigtings waar markte miskien nog nie eens bestaan nie.

Meer oor:  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.