Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aluwani Top25-fonds: Lewer konsekwent goeie prestasie
30 Augustus 2018

Wat die fondsbestuurder sê:

Die Aluwani Top25-fonds word geadministreer deur Aluwani Capital Partners (ACP), ’n onafhanklike beleggingsbestuuronderneming in swart besit. Dié fonds is ’n spesialisportefeulje in grootkapitalisasie-aandele. Een van sy kernoogmerke is om aan beleggers kapitaalgroei op lang termyn te bied.

“Die fonds belê net in tot 25 JSE-genoteerde aandele wat nie maatskappye buite die 50 grootste maatskappye volgens markkapitalisasie op die FTSE/JSE-aandelebeurs insluit nie,” sê Patrick Mathidi, die fonds se bestuurder en aandeelhoof van Aluwani. Al het die portefeulje se bates onder bestuur tussen Mei en Junie met 5% tot R432,29 miljoen gegroei, sê Mathidi hulle “kan beter vaar”. Die fonds groei sedert sy aanvang konsekwent en vaar die meeste van die tyd beter as sy maatstaf.

Op die vraag hoe die fonds die markprobleme, soos die onlangse ineenstorting van die Turkse lira, hanteer en of die fonds ook sy regmatige deel van blootstelling aan die risiko’s ervaar het, sê Mathidi aan finweek dat die bestuurspan ’n beleggingsfilosofie volg om volhoubare, risikoaangepaste opbrengs op lang termyn te verseker deur onder meer waarde uit soveel gediversifiseerde alfabronne moontlik te put.

Dit word onder meer gedoen deur randskansaandele versigtig te kies om vir die risiko’s van verskynsels soos die ineenstorting van die Turkse lira te vergoed. “Aan die plaaslike kant meen ons steeds dat die maatskappye wat ons bekyk waarde inhou, soos die nywerheidsaandele wat in ’n omgewing van ’n swak rand beter vaar, en Naspers en British American Tobacco, wat in die huidige omstandighede beter vaar,” sê Mathidi.

Wat randskansaandele betref is 29,79% van die fonds tans in Naspers belê en 5,13% in British American Tobacco. Die maatstafgewig in Naspers is volgens Mathidi byna 30%. Meer as die helfte van sy eienaarsbelang is in die nywerheidsektor, waarvoor ACP sê hy positiewe vooruitsigte het. ACP se Top25-fonds beskou die huidige handelsoorlog as een van sy grootste internasionale kwellings, veral weens “die mate wat die handelsvennote en ontluikende markte soos Suid-Afrika beïnvloed word.

Dit sal in die voorsienbare toekoms ’n sleutelrisiko wees,” sê Mathidi, en dat ACP “opmerk dat dit tot ’n swakker rand lei, wat ons verwag sal voortduur”. ’n Streng beperking is dat buitelandse instrumente nie by die portefeulje ingesluit mag word nie.

Fondsinligting
Tien grootste plaaslike belange op 30 Junie 2018

Hoekom finweek dié fonds sal oorweeg:

Die Aluwani Top25-fonds het teen 30 Junie reeds 18 positiewe maande beleef en bied aan beleggers ’n beleggingsopbrengs van 2,68% wat van dividendopbrengs. Die fonds was ’n naaswenner van vanjaar se Morningstar-toekenning vir die beste Suid-Afrikaanse aandelefonds. Momentum is ACP se grootste aandeelhouer.

Prestasie
* Stuur 'n e-pos aan terugvoer@finweek.co.za
Meer oor:  Finweek  |  Beleggings  |  Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.