Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Andele mening: Barloworld
21 November 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Barloworld, een van die wêreld se grootste verkopers van konstruksie-verwante toerusting, het sy visier op ’n Mongoolse mededinger om sy internasionale teenwoordigheid te versterk. Die maatskappy het sy Iberiese eenheid verkoop en het sy oog op winsgewender wêreldstreke.

Vooruitsig:

Die groep is tans besig om ’n groot deel van sy eiendomme met ’n waarde van R2,7 miljard te verkoop – gelykstaande aan 14% van sy totale portefeulje wat hoofsaaklik uit nywerheidseiendomme bestaan – om ’n onlangs goedgekeurde swart bemagtigingskema, by name Khula Sizwe, ter waarde van R3,5 miljard te finansier.

Hy het R164 miljoen vir die skema verkry. Die publiek is genooi om ’n aandelebesit van 30% op te neem, ’n bestuurstrust sal 38% besit en Barloworld-werknemers sal die ander 32% besit. Barloworld se resultate vir die jaar tot 30 September verskyn op 18 November.

Op die grafiek:

Barloworld het uit sy steiler bultendens gebreek en is besig om nou op beerterrein te konsolideer. Hy het effens herstel nadat hy stewige steun op 10 500 sent per aandeel behou het.

Gaan lank:

Barloworld het effens opwaarts beweeg, maar sal bokant 13 970 sent moet verhandel om ’n potensiële kop-en-skouers-formasie te neutraliseer. Andersins sal die beerpatroon benede 10 500 sent bevestig word en kan Barloworld op mediumtermyn verder tot die volgende steunvlak op 6 700 sent per aandeel daal.

Gaan kort:

Opwaartse potensiaal deur 13 970 sent per aandeel kan die herstel tot 15 640 sent voer. Voortgesette aankope bokant dié vlak kan lei tot die aandeelprys wat weer die hoogtepunt van 19 000 sent per aandeel toets. 

Meer oor:  Barloworld  |  Finweek  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.