Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Apps vir die vakansie
20 Desember 2018

Maps.Me

As jy vanjaar die vakansiepad vat, kan dit ’n goeie idee wees om Maps.Me te gebruik – dis ’n toepassing wat toegang bied tot kaarte, selfs wanneer jy van lyn af is.

Al wat jy moet doen is om die kaarte vir jou bestemming af te laai (verkieslik wanneer jy in ’n WiFi-sone of tuis is) en wanneer jy jou bestemming bereik, kan jy ry waar jy wil, of jy nou’n data-aansluiting het of nie.

Die Maps Me-app werk op iOS en Android, en miljoene reisigers sweer hoog en laag by die diens. As jy dus in die feestyd gaan rondrits, moenie sonder jou kaart ry nie.

Flightradar24

Sou jy iewers heen vlieg vir jou vakansie, is Flightradar24 net die ding vir jou.

Dit sal jou op hoogte hou van enige vlugveranderings. Maar dit doen baie meer as dit. Dit kan jou ook help om jou pad te kry op buitelandse lughawens en slegteweerpatrone dop te hou wat vlugte in chaos kan laat ontaard.

Dit kan jou ook help om jou pad te kry op buitelandse lughawens en slegteweerpatrone dop te hou wat vlugte in chaos kan laat ontaard.

Selfs al wil jy net weet hoe die weer gaan wees wanneer jy van die vliegtuig afklim as jy jou bestemming bereik, kan Flightradar24 jou bystaan. 

* Flightradar24 vir Android en iOS.

Bottles

Bottles is ’n drankafleweringsapp (soortgelyk aan kosafleweringsdienste) en werk op iOS én Android.

As jy die app afgelaai het, bestudeer jy die “spyskaart”, bestel wat jy nodig het en Bottles onderneem om dit binne ’n uur voor jou voordeur afgelewer te hê.

Toll Track

Sou jy vanjaar ’n langafstand- motorrit beplan, sal tolgeld heel waarskynlik jou sak ruk.

Toll Track kan ook gebruik word om outomaties jou tolgeldrekening te hou, sodat jy ’n bewys het van wat jy bestee het.

Toll Track maak die tolbeplanning net soveel eenvoudiger. Die app is deur Code Sense begin en Toll Track bied ’n roetebeplanner en ’n tolgeldberekenaar, sodat jy presies weet wat jy by die tolhekke sal moet opdok, nog voordat jy vertrek.

Toll Track kan ook gebruik word om outomaties jou tolgeldrekening te hou, sodat jy ’n bewys het van wat jy bestee het.

Minderz

Jy gaan weg, maar wil nie jou hond of kat in ’n diereherberg laat bly nie? Minderz is dalk jou oplossing. Dit is in 2016 begin, aanvanklik as ’n Uber-soort diens vir baba-oppassers.

Dit het toe die diere-oppassersmark betree en vanjaar in Suid-Afrika afgeskop.

Minderz bied tuis-diere-oppassing, stap met honde, ogiegooi-kuiertjies en diereherberge. Pryse wissel tussen R99 en R189, afhangende van die diens. Alle diere-oppassers word noukeurig nagevors.

Garden Answers

Garden Answers is ’n plant-identifikasie-app wat onmiddellik meer as 20 000 plante identifiseer en aan jou akkurate en gedetailleerde inligting oor hulle verskaf. 

Die beste van alles: Dis heeltemal verniet.

Al wat jy moet doen is om ’n foto te neem en dit te voor te lê. (Boonop, as een van jou plante siekerig lyk of jy ’n insekindringing vermoed, het Garden Answers kundiges byderhand om jou met raad te bedien).

Die beste van alles: Dis heeltemal verniet.

* Laai af op Android of iOS.

EskomSePush

Dit was nie lank gelede nie dat Eskom belowe het dat kragonderbrekings iets van die verlede is.

Tik die gebied waar jy is in, kyk of enige kragonderbrekings op hande is en beplan dan jou vakansie daarvolgens.

Nou weet ons almal dat dié uitspraak ietwat voortydig was, met kragonderbrekings wat weer sy lelike kop uitsteek – net betyds vir die feestyd.

EskomSePush sal jou op hoogte hou van presies wanneer kragonderbrekings jou planne gaan kortwiek.

As jy die toepassing afgelaai het, tik die gebied waarin jy is in, kyk of enige kragonderbrekings op hande is en beplan dan jou vakansie daarvolgens. Jy kan die app ook stel om jou te waarsku teen kragonderbrekings.

* Laai af op Android of iOS.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.