Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Denker Capital: Balans tussen SA en buiteland
6 Februarie 2020

Wat sê die fondsbestuurder?

Denker Capital se aktief bestuurde SCI Equity Fund bied beleggers ’n keuse tussen plaaslike aandele en internasionale aandele. Die doelwit van die fonds is om ’n redelike vlak van lopende inkomste sowel as langtermynwelvaart aan beleggers te lewer.

Die doelwit van die fonds is om ’n redelike vlak van lopende inkomste sowel as langtermynwelvaart aan beleggers te lewer.

Die fonds is versprei oor alle sektore van die JSE, en hy belê ’n maksimum van 30% in buitelandse bates.

Aan die einde van November verlede jaar was 25,56% van die fonds belê in internasionale prima aandele, soos Samsung en Oracle, ’n Amerikaanse multinasionale rekenaartegnologiemaatskappy wie se aandele op die New Yorkse aandelebeurs genoteer is.

Plaaslik is MTN, Standard Bank en Anglo American onder sy grootste beleggings, aandele wat volgens die fondsbestuurder nie ’n maklike groep was om in te belê nie weens die swak toestand van die plaaslike ekonomie verlede jaar.

Kapitaalverwysing se fokus 

Die fonds moes sy besluite oor kapitaaltoewysing fokus op ondernemings wat laer vlakke van hefboomfinansiering het, met oor die algemeen ’n sterker onderliggende bedryfsekonomie, sterk en gefokusde bestuurspanne en wat verhandel laer as Denker se raming van hul intrinsieke waarde en ’n voldoende marge van veiligheid bied, volgens Claude van Cuyck en Ricco Friedrich, die fonds se bestuurders.

Belê steeds in MTN 

Die fonds van R1,6 miljard het byvoorbeeld om verskeie redes sy belegging behou in MTN, want hulle ag dit die beste plaaslike telekommunikasie-aandeel.

Eerstens het MTN, relatief tot sy eweknieë en in ’n volwasse plaaslike mark, ’n hoër blootstelling aan beter groeimarkte.

Tweedens sal MTN se plan om bates te verkoop opbrengste verbeter en onproduktiewe kapitaal vrystel, wat gebruik kan word om skuld te delg.

Laastens het die fondsbestuurders aan finweek gesê dat MTN, vanuit ’n waardasie-oogpunt, teen ’n aansienlike diskonto teenoor hul raming van intrinsieke waarde verhandel en dat hy teen huidige pryse ’n aantreklike dividendopbrengs van meer as 6% bied.

Sedert die begin van vanjaar het die fonds geen groot veranderinge aan sy aandeelbeleggings uitgevoer nie.

Friedrich en Van Cuyck verwag steeds dat groot waarde uit sommige plaaslike aandele sal ontwikkel.

Aandele van maatskappye wat regstreeks met verbruikers sake doen, is onder druk weens omsetgroei.

Aandele van maatskappye wat regstreeks met verbruikers sake doen, is onder druk weens omsetgroei.

Volgens sommige mense is daar goeie geleenthede in uitgesoekte medium- en kleinkapitalisasieaandele wat, ondanks hierdie uitdagings, kan groei.

Die potensiële Moody’s-afgradering van Suid-Afrika se staatskuld, die regering se optrede weens swak openbare ondernemings, Brittanje se uittrede uit die Europese Unie, en die handelsgeskil tussen Amerika en China is onder die makro- ekonomiese onsekerhede wat die fondsbestuurders in die eerste kwartaal van vanjaar fyn sal dophou.

Waarom finweek dit sou oorweeg om hom by te voeg

Die fonds spog met toegang tot ’n wye verskeidenheid plaaslike en buitelandse aandele. Hy toon sterk risikobestuur, soos deur beleggings te vermy in onlangse rampe in korporatiewe bestuur, soos wat by Tongaat-Hulett en EOH voorgekom het.

/
Meer oor:  Finweek  |  Buitelandse Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.