Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Motorbedryf maak vordering met uitvoer
21 Maart 2019

Dalende verkope van nuwe motors toon druk op die koopkrag van voornemende kopers. Vir Suid-Afrikaanse motorvervaardigers is winsgewendheid en groei nou gesetel in uitvoer en die vasteland van Afrika.

Die beste aanwyser van middelklasbesteding is ’n motor,” sê dr. Martyn Davies, besturende direkteur, ontluikende markte en Afrika, Deloitte. As dit die geval is, is die afname in die verkoop van nuwe motors ’n bewys van verwakkende koopkrag. Verlede jaar het verkope met 1% tot 552 226 eenhede gedaal.

Martyn Davies, besturende direkteur, ontluikende markte en Afrika, Deloitte

Volgende jaar gaan verkope met ’n verwagte verdere 0,4% tot 550 000 eenhede daal, het Andrew Kirby, president en uitvoerende hoof van Toyota Suid- Afrika Motors (TSAM), in Februarie in ’n toespraak gesê by Toyota se State of the Motoring Industry (SOMI).

Ondanks groei in die verkoop van sportnutsvoertuie (SNV’s) en dubbelkajuitbakkies, krimp die verkoop van ander voertuie (sien grafiek onder). Klein motors bly egter die grootste marksegment vanweë bekostigbaarheid, terwyl duur elektriese en hibriediese voertuie (geen regeringsaansporings nie) afwaarts neig.

Die toename in brandstofpryse en ’n nuwe koolstofbelasting op brandstof bevorder nie juis verkope nie. Die algemene brandstofheffing en die heffing op die padongelukkefonds het onlangs onderskeidelik met 15 sent en 5 sent per liter gestyg.

Maar op 5 Junie vanjaar tree die nuwe koolstofbelasting op brandstof in werking, met ’n bykomende belasting van 9 sent/liter op petrol en 10 sent/liter op diesel wat bykomende druk op die koopkrag van die middelklas plaas.

Die plaaslike mark vir nuwe motors is klein en is dus nie die antwoord vir beduidende groei of winsgewendheid vir Suid-Afrikaanse motorvervaardigers nie. Die antwoord daarvoor lê hoofsaaklik by uitvoer, want ongeveer 60% van plaaslik vervaardigde motors word na die res van die wêreld uitgevoer. Suid-Afrika se motorbedryf is ’n sleutel vervaardigingsenjin vir ekonomiese groei.

Ekonomiese groei

Dit dra 7% tot BBP by en verteenwoordig 30% van die totale vervaardigingsproduksie; daarbenewens is dit verantwoordelik vir 14% van totale uitvoer en 112 000 werkers is by die produksie van komponente betrokke. Sewe firmas – BMW, Ford, Isuzu, Mercedes-Benz, Nissan, Toyota en Volkswagen – vervaardig motors in Suid-Afrika.

Die belangrikheid van ’n gesonde motorvervaardigingsbedryf in Suid-Afrika is bo alle twyfel. Dit is ook belangrik vir buitelandse belegging. In 2017-’18 het Mercedes-Benz en VW gesorg vir beleggings van R16 miljard. In die twee jaar voor dit, het BMW en Toyota elk meer as R6 miljard belê en Ford R2,5 miljard.

Oor die volgende vyf jaar, sal investering in die motorbedryf R40 miljard beloop. Gelukkig het die Suid-Afrikaanse regering die huidige aansporingskema vir voertuigvervaardiging wesenlik uitgebrei en vervang.

Oor die volgende vyf jaar, sal investering in die motorbedryf R40 miljard beloop. Gelukkig het die Suid-Afrikaanse regering die huidige aansporingskema vir voertuigvervaardiging wesenlik uitgebrei en vervang.

Die nuwe Suid-Afrikaanse Motormeestersplan (SAAM) 2035 sal van 2021 tot 2035 van krag wees en die huidige Motorvervaardigings- en Ontwikkelingsprogram (APDP) vervang. Ander struikelblokke sal miskien nie so maklik oorbrug word nie.

Die grootste onder hulle is arbeidskoste. Loononderhandelings met vakbonde vind vanjaar plaas, en vakbonde het reeds te kenne gegee dat hulle kaalvuis gaan inklim.

Andrew Kirby, president en uitvoerende hoof van Toyota Suid-Afrika Motors

“Die vakbondbeweging in Suid-Afrika is baie onrustiger gedurende dié tydperk van oproer en onsekerheid, en ons verwag moeilike onderhandelings,” sê Kirby.

Arbeidsgeskille bedreig produksie, koste en werksgeleenthede, asook die land se doelwit om voertuigproduksie tot 1% van die wêreldproduksie te verhoog. Dié teiken beloop 1,4 miljoen voertuie per jaar – wat die persentasie voertuie wat hier gemonteer word drasties sal opstoot van 38,7% tot 60%.

Uitbreiding van uitvoer

Van 1995 tot Oktober 2018, het Suid-Afrika 4 miljoen voertuie uitgevoer, het Kirby op die 2018-beleggingsberaad gesê. Die totale uitvoerwaarde van voertuie en komponente oor dié tydperk het R1,47 duisend miljard oortref.

Maar die sukses van Suid-Afrika se motorbedryf hang daarvan af of hy sy uitvoergeleenthede uitbrei, sê Neale Hill, besturende direkteur van Ford vir Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara (FMCSA).

“As bedryf het ons reeds groot vordering gemaak en die totale uitvoervolume van 239 465 voertuie in 2010 tot 351 154 in 2018 verhoog en moontlik tot meer as 400 000 eenhede teen 2020,” sê hy.

Ongeveer twee derdes van FMCSA se totale voertuigproduksie (meer as 100 000 eenhede per jaar) word na 148 lande in Europa, die Midde-Ooste en Afrika uitgevoer, waarvan 23 in Afrika suid van die Sahara is.

Afrika is een van die gebiede met goeie uitvoerpotensiaal, maar meer toegewende regulasies is in Afrika nodig, sê Davies. Kirby meen Afrika bied ’n geleentheid vir Toyota om sy uitvoer verder te verhoog.

Afrika is een van die gebiede met goeie uitvoerpotensiaal, maar meer toegewende regulasies is in Afrika nodig, sê Davies. Kirby meen Afrika bied ’n geleentheid vir Toyota om sy uitvoer verder te verhoog.

TSAM voer reeds na 42 Afrika-lande uit. “Ongeveer 50% van Toyotas wat in Afrika verkoop word, word in Suid-Afrika vervaardig,” sê hy, en voeg by dat TSAM ’n toename van 38% in bestellings van Afrika vir 2019 ontvang het.

Afrika in die visier vir groei

Volkswagen SA bevorder die idee dat daar met ander Afrika-lande saamgewerk word om onderling voordelige vennootskappe te skep. “Die oplossing vir die vasteland en vir Suid-Afrika is samewerking,” sê Thomas Schaefer, voorsitter en besturende direkteur van die Volkswagen Groep Suid-Afrika (VWSA).

Afrika-lande, meen hy, beskou die motorbedryf al hoe meer as die belangrikste vervaardigingsbedryf vir lande om hul doelwitte te bereik. Ethiopië sluit hom aan by Ghana en Nigerië en is die derde land in Afrika suid van die Sahara om in die afgelope ses maande ’n samewerkingsooreenkoms met VWSA te onderteken.

Die ooreenkomste identifiseer belangrike pilare om ’n motorspilpunt te ontwikkel. Dit sluit in die vestiging van voertuigmonteergeriewe (met Suid-Afrika wat die monteerstelle voorsien), die verinheemsing van motoronderdele, en die instelling van mobiliteitskonsepte.

“Afrika moet sy ekonomieë beskerm. As ons ons lande wil industrialiseer, moet ons dié goedkoop invoer keer.” Ghana beperk reeds die invoer van gebruikte motors, sê Schaefer.

Afrika bied goeie vooruitsigte vir plaaslike voertuigvervaardigers, maar die oorvloed gebruikte motors wat uit buitelandse markte in Afrika gestort word, is ’n bedreiging, meen Davies. Afrika is nie ’n aflaaiplek vir tweedehandse voertuie nie.

“Afrika moet sy ekonomieë beskerm. As ons ons lande wil industrialiseer, moet ons dié goedkoop invoer keer.” Ghana beperk reeds die invoer van gebruikte motors, sê Schaefer.

’n Gesonde motorbedryf word verkry deur gunstige regeringsbeleid, ’n stabiele arbeidsmag, ’n sterk uitvoermark en gesonde plaaslike vraag. Laasgenoemde sluit in verbruikers wat plaaslik vervaardigde voertuie ondersteun deur plaaslik te koop. Vir Suid-Afrika se patriotiese motorkopers is daar goeie nuus op pad.

Die nasionale tesourie se voorstel om die belastinghantering (vir ad valorem-aksynsreg) tussen ingevoerde en plaaslik vervaardigde voertuie in ooreenstemming te bring, sal na verwagting motors wat in Suid-Afrika vervaardig is goedkoper as ander ingevoerde voertuie maak. 

Binnebrandenjin teenoor elektries

“Die hele wêreld verander van binnebrandenjins na elektries,” sê VWSA se Thomas Schaefer. Ondanks swak verkope van elektriese voertuie (EV) in Suid-Afrika en bykans geen in die res van Afrika nie, sê Schaefer oorweeg VWSA dit tog om EV’s in Rwanda bekend te stel.

“Ek is nie só oortuig dat Afrika nuwe tegnologie stadiger gaan aanneem nie,” sê hy aan finweek.

“Rwanda is tans op ’n groen veldtog. Die land is gereed vir elektriese motors. Brandstof is besonder duur daar, en ongeveer 70% van sy elektrisiteit word deur hernubare energie opgewek.Daar word verwag dat dit binne tien jaar 100% gaan wees. Hulle skep gratis elektrisiteit.”

Nog ’n faktor wat in EV’s se guns kan tel, is die nuwe emissievereistes. Dit verhoog die koste om enjins wat op fossielbrandstof loop, te vervaardig. Nuwe emissiekoste per enjin gaan astronomies wees, sê Schaefer.

“In een of ander stadium gaan dit net so duur wees om ’n tradisionele binnebrandenjin te vervaardig as wat dit kos om ’n elektriese enjin te maak.”

Op ’n vraag van finweek oor hoe lewensvatbaar dit is om EV’s plaaslik te vervaardig, sê Andrew Kirby, president en uitvoerende hoof van Toyota South Africa Motors, dat “die vervaardiging van elektriese voertuie nie ’n groot tegniese uitdaging is nie”.

Hy verduidelik: “Ons het die vermoë om dit te doen, maar om in Suid-Afrika te vervaardig om dan net 66 voertuie per jaar te verkoop, beteken ons kry nie ’n opbrengs op ons belegging nie.”

Dit blyk ook onuitvoerbaar om elektriese motors uit te voer. Kirby sê voorts: “Markte in Europa, Amerika en China wat die verkoop van elektriese voertuie aanspoor, probeer hul eie plaaslike vervaardiging doen om dié markte te ondersteun; aan wie gaan ons dan uitvoer?”

Maar behoudens vervaardiging, kan elektriese motors geleenthede vir Suid-Afrika skep.

“Die vervaardiging van litium-ioonbatterye in Suid-Afrika is die duidelike keuse,” sê Schaefer aan finweek. “Ons kan batterye hier vir Afrika vervaardig," sê hy spitsvondig.

Daar is planne om litium-ioonbatterye in Suid-Afrika te vervaardig, en hy meen dat Coega, ’n streek ryk aan mangaan (’n komponent van litium) die waarskynlike produksieterrein sal wees. 

Meer oor:  Finweek  |  Uitvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.