Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Belê in plaaslike talent
6 Junie 2019

Kontemporêr, nie dekoratief nie en intrinsiek uitdagend; dit is JP Morgan se jongste byvoeging van 92 Suid-Afrikaanse kunswerke tot sy uitgebreide globale kunsversameling, wat meer as 30 000 kunsstukke in 450 kantore oor die wêreld insluit.

’n Reeks kunswerke deur visuele navorser en kunstenaar, Mbali Dhlamini.

Die plaaslike kunswerke pas in by wat David Rockefeller, die man wat die korporatiewe versameling in 1959 gestig het, beoog het toe hy begin het om kontemporêre kuns te versamel wat die hede weerspieël het. Mark Roe, hoofkurator van die JPMorgan Chase-kunsversameling, en sy span het 20 uitgelese plaaslike kunstenaars vir die bank se Abadali-kunsontwikkelingsprogram gekies.

Dit het gelei tot 92 kunswerke wat in die loop van die program geskep is en nou in sy kantore in Johannesburg en Kaapstad uitgestal word. Die bank het beoog dat die nuwe versameling plaaslike kunstenaars sal help met professionele ontwikkeling en om finansieel volhoubaar te word. En dat dit deel van die werknemer- en besoeker-ervaring moet wees – en wat nie net dekoratief is nie.

Sterk Suid-Afrikaanse temas weerklink steeds deur die bank se groot sale en intieme ruimtes.

Sterk Suid-Afrikaanse temas weerklink steeds deur die bank se groot sale en intieme ruimtes. Die ontvangsgebied vertoon ’n boekkas vol presies geplaasde boeke, en dit is bedek met uiteenlopende Afrika-afdrukke wat pas by die portrette van Afrika-vroue deur Chepape Makgatho.

Dié patrone se deurlopende vloei word goed gesinchroniseer om beelde van die tradisionele domba-dans in die Venda-kultuur uit te beeld waar jong meisies hul arms in mekaar vleg en in formasie dans.

“Ek probeer die kulturele geldigheid van swart vroue bevorder, iets wat die geskiedenis besluit het om agterweë te laat of waaroor daar nie gepraat word nie,” sê Makgatho aan finweek.

Tradisioneel

’n Reeks foto’s van Afrika-vroue in tradisionele indigoblou klere – wat spruit uit die tradisionele Wes-Afrikaanse indigokleurproses wat besig is om uit te sterf, is meesleurend. Mbali Dhlamini het die foto’s by ’n museum in Senegal gekry tydens haar akademiese navorsing in dié land en hulle beeld die inheemse praktyke uit wat oor die jare oorleef kolonialisme en ander politieke bewegings oorleef het.

Om ’n hoek lig ultrakontemporêre stukke van vroue se gesigte wat volmaak en nougeset uit Lego-stukke gevorm is die wenkbroue, wat moeiteloos tot interaksie lei.

Om ’n hoek lig ultrakontemporêre stukke van vroue se gesigte wat volmaak en nougeset uit Lego-stukke gevorm is die wenkbroue, wat moeiteloos tot interaksie lei.

“Dit is die teenstelling van hard en sag,” sê die skepper, Faatimah Mohamed-Luke. Dit is ’n spelerige spanning tussen beeldende kuns en speelgoed wat dit waag om te herdifinieer wat sterkwees vir ’n vrou beteken.

Die versameling vertel unieke, ryk en uiteenlopende alledaagse stories van Suid-Afrikaners. Roe sê voorts dit is ’n demonstrasie van die bank se verbintenis met gemeenskappe in Suid-Afrika, wat die kunste se werklike mag ten toon stel om mense se lewens te verander – en hoe finansiëledienste- maatskappye ’n impak met betrekking tot mentorskap, belegging en samewerking kan maak.

Meer oor:  Jp Morgan  |  Finweek  |  Beleggings  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.