Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Belê só in buiteland
18 April 2019

Beleggers moet hul persoonlike omstandighede, risikoprofiel en beplanningsoogmerke op langer termyn in ag neem wanneer hulle besluit hoe om in die buiteland te belê.

Daar is drie maniere om groter buitelandse blootstelling te kry:

Radhesen Naidoo, sakeontleder van Allan Gray

Belê regstreeks by buitelandse fondsbestuurders wat jy kies. Belê regstreeks in buitelandse valuta by ’n buitelandse bestuurder of deur ’n buitelandse platform, soos Allan Gray Offshore Platform.

Belê in randgedenomineerde buitelandse effektetrusts. Radhesen Naidoo, sakeontleder van Allan Gray, wys daarop dat elke Suid-Afrikaner ouer as 18 wat belasting betaal, elke kalenderjaar sonder voorafgoedkeuring of -klaring tot R1 miljoen in die buiteland kan bestee in enige vorm van buitelandse besteding, waaronder monetêre geskenke, lenings, buitelandse reisuitgawes en belegging.

Beleggers kan ’n verdere R10 miljoen in die buiteland bestee, maar moet daarvoor ’n belastingklaringsertifikaat by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) bekom. “As jy meer as R11 miljoen wil bestee, moet jy spesiale klaring by die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) kry. Jy kan dan regstreeks by ’n buitelandse fondsbestuurder of deur ’n buitelandse platform van jou keuse belê,” sê Naidoo.

Die ander opsie is om in die buiteland te belê deur randgedenomineerde buitelandse effektetrusts wat deur ’n plaaslike beleggingsbestuurder beskikbaar is. Vir dié opsie gebruik jy jou effektrustbestuursmaatskappy se toegelate buitelandse belegging, eerder as jou eie, en daarom hoef jy nie belastingklaring by die SAID te kry nie.

“Noudat beleggers jaarliks R1 miljoen in ’n internasionale fonds kan belê sonder dat voorafgoedgekeuring nodig is, kan hulle taamlik maklik internasionale fondse in die buiteland gebruik en sodoende weg van Suid-Afrikaanse politieke risiko diversifiseer.”

Minimum beleggings

Die minimum beleggings is gewoonlik kleiner as wanneer jy ’n buitelandse platform gebruik. Wanneer beleggers in ’n randgedenomineerde internasionale effektetrust belê, belê hulle in rand, en wanneer hulle die belegging beëindig, keer die opbrengs in rand uit, sê Paul Hutchinson, verkoopsbestuurder van Investec Asset Management.

“Terwyl beleggers voordeel daaruit trek om te belê in fondse wat net buitelandse bates hou, het hulle steeds blootstelling aan Suid-Afrikaanse politieke risiko.” Wanneer beleggers ’n goedgekeurde kollektiewebelegging-skema (effektetrust) met buitelandse bates gebruik, stel hulle effektief ’n professionele geldbestuurder aan wat die tyd, ervaring en toegang tot inligting het om te besluit wanneer, hoeveel en in watter bates om namens hulle in die buiteland te belê, sê Hutchinson.

Suid-Afrikaners kan ook in ’n goedgekeurde buitelandse fonds in sy verhandelingsgeldeenheid belê, byvoorbeeld, dollar, pond of euro. Wanneer hulle die belegging beëindig, sal hulle die opbrengs dan in die fonds se verhandelingsgeldeenheid ontvang.

’n Fonds wat aan regulasie 28 voldoen, word toegelaat om tot 30% in internasionale bates te belê. Die meeste Suid-Afrikaanse multibatefondse is na aan die perk van 30% vir buitelandse belegging, en die belangrikste besluit is daarom om ’n bestuurder te kies wat ’n bewese langtermyn-prestasiegeskiedenis en vernuf met buitelandse belegging het, sê hy.

Belê in dollar, pond en euro...

Suid-Afrikaners kan ook in ’n goedgekeurde buitelandse fonds in sy verhandelingsgeldeenheid belê, byvoorbeeld, dollar, pond of euro. Wanneer hulle die belegging beëindig, sal hulle die opbrengs dan in die fonds se verhandelingsgeldeenheid ontvang.

“Noudat beleggers jaarliks R1 miljoen in ’n internasionale fonds kan belê sonder dat voorafgoedgekeuring nodig is, kan hulle taamlik maklik internasionale fondse in die buiteland gebruik en sodoende weg van Suid-Afrikaanse politieke risiko diversifiseer,” sê Hutchinson.

Janet Hugo, direkteur van Sterling Wealth

Janet Hugo, direkteur van Sterling Wealth, sê die gebruik van skenkingsfondse om buitelandse beleggings te hou, word ondanks hul voordele vir belasting- en boedelbeplanning dikwels misgekyk.

Skenkingsfondse is “beleggingsaamvatfondse”, wat ’n reeks buitelandse effektetrusts en aandeelbeleggings kan insluit.

Hulle vereis gewoonlik ’n enkelbedragbelegging van minstens $25 000 en ’n minimum van $10 000 vir bykomende bydraes. Die inkomste wat in die fonds verdien word, word teen ’n vaste koers van 30% belas, en die effektiewe kapitaalwinsbelastingkoers is 12%, teenoor 18% vir topinkomsteverdieners en 36% vir trusts.

Buitelandse skenkingsfondse maak deel uit van die belegger se boedel, maar opbrengs word onmiddellik na die aangewese bevoordeelde oorgedra en is nie afhanklik van die afhandeling van die boedel nie. Dit kan die boedel ook teen belasting op buitelandse erfgeld beskerm, sê sy.

Meer oor:  Finweek  |  Buitelandse Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.