Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Beskerm jouself só wanneer jy in SA die fluitjie blaas
29 Augustus 2019

Korrupsie kan net aan die lig kom as mense dit uitwys. Fluitjieblasers in Suid-Afrika is egter dikwels bang om na vore te kom – of onseker van die stappe wat hulle vir bekendmaking moet volg.

Fluitjieblasers is oor die algemeen goeie, moedige en dapper burgers. In Suid-Afrika word hulle egter dikwels as geslepe verklikkers en moeilikheidmakers behandel. Sommige van dié wat korrupsie aan die lig gebring het, is afgedank en aan teistering, intimidasie en viktimisasie onderwerp. Dié kultuur veroorsaak dat baie mense vrees vir hul inkomste – en in sommige gevalle selfs vir hul eie lewe of dié van hul gesin.

Suid-Afrika het verskeie stukke wetgewing oor onthulling, waarvan die Wet op Beskermde Openbaarmakings die belangrikste is. Dié wet verplig werkgewers – in die openbare en die private sektor – om interne beleid en prosedures te skep om inligting oor ongeruimdhede te ontvang en te hanteer.

“Ek dink dis baie moeilik om vir enigiemand ’n waarborg te gee dat hulle beskerm sal word, of dat hulle die beperkte beskerming sal kry wat die Wet op Beskermde Openbaarmakings bied.”

Die wet vereis ook van werkgewers om hul werknemers van hul beleid en die prosedures daarvan bewus te maak, sê Cherese Thakur, regsnavorser by die Helen Suzman-stigting. Die wetgewing het egter nie bepalings oor die toepassing van die verpligting nie. “Dis nie moontlik om die mate te bepaal waartoe werkgewers aan die bepaling voldoen en wat gedoen word om ’n onthullingbeleid op te stel en seker te maak dat hul werknemers daarvan bewus is nie.”

Deborah, Mutemwa-Tumbo Hoof vir regsake en ondersoeke van Corruption Watch
Beginpunt

As ’n maatskappy ’n sterk onthullingsbeleid het, en as die werkgewer voldoende riglyne oor sy prosedures bied, vereis die wet van fluitjieblasers om die maatskappy se interne prosedures as beginpunt te gebruik. As hulle nie dié benadering volg nie, kan hul openbaarmaking as “onbeskermd” beskou word, sê Deborah Mutemwa-Tumbo, hoof vir regsake en ondersoeke van Corruption Watch.

Sy sê egter dat die wet wel vir sekere omstandighede voorsiening maak waar mense ’n algemene bekendmaking kan doen en steeds beskerming geniet. In die wet wat in 2017 gewysig is, word gesê dat as mense ’n “redelike vrees” het dat hulle beroepsbenadeling kan ondervind, hulle ’n algemene openbaarmaking aan die media of nie-regeringsorganisasies, soos Corruption Watch, kan doen, sê sy.

Dié instellings is bemagtig om klagtes en bekendmakings te ontvang, en as hulle nie die regte instellings is nie, kan hulle die saak na ’n toepasliker liggaam verwys.

Thakur beveel aan dat wanneer mense op algemene openbaarmaking besluit, hulle ’n hoofstuk 9-instelling, soos die Menseregtekommissie, die Geslagskommissie en die Openbare Beskermer, of Corruption Watch en die Platform for the Protection of Whistleblowers in Africa nader voordat hulle dit openbaar maak (byvoorbeeld, deur die media te nader).

Dié instellings is bemagtig om klagtes en bekendmakings te ontvang, en as hulle nie die regte instellings is nie, kan hulle die saak na ’n toepasliker liggaam verwys.

Cherese Thakur, regsnavorser by die Helen Suzman-stigting Foto’s: Verskaf

Thakur waarsku wel dat die vereistes vir algemene openbaarmaking taamlik vaag is, en sê as sy ’n fluitjieblaser was, sou sy huiwerig gewees het om sonder regshulp voort te gaan. (Lees die kassie.)

Thakur sê: “Die wetgewing moet ook duidelik wees en maklik om te verstaan sodat onthullers gemaklik voel om na vore te kom met die wete dat hulle beskerm word sonder dat dit nodig is om regsadvies te kry.” David Lewis, uitvoerende direkteur van Corruption Watch, sê hulle ontvang baie klagtes en openbaarmakings en kan bepaal hoe sterk die openbaarmaking is, asook die bewyse waarop dit gegrond is.

Wantroue in interne prosesse

Lewis van Corruption Watch wys daarop dat korrupsie-blitslyne in baie gevalle bloot ’n formaliteit is. Die oorweldigende rede hoekom mense wandade wil aangee, is weens vrees vir hul lewe en vrees vir vergelding. Wat die saak nog ingewikkelder maak, is dat wanneer mense werklik ernstige korrupsie aangee, dit gewoonlik nie moeilik is om minstens drie of vier mense te identifiseer wat toegang tot die inligting het nie, sê hy.

Selfs al sal Corruption Watch nooit sonder hul uitdruklike toestemming die name bekend maak van mense wat openbaarmakings daar doen nie, is dit uiters moeilik om die bewering te ondersoek sonder om met die betrokke persoon te kommunikeer, sê Lewis. “Ek dink dis baie moeilik om vir enigiemand ’n waarborg te gee dat hulle beskerm sal word, of dat hulle die beperkte beskerming sal kry wat die Wet op Beskermde Openbaarmakings bied,” sê Lewis.

Volgens haar gaan onthulling in Suid-Afrika met hoë risiko en min beloning gepaard. “Ons maak ten volle op die persoon se morele moed staat. Daar is geen aansporing nie.”

Daar was al gevalle waar fluitjieblasers ondanks die bepalings van die wet beroepsbenadeling ondervind het (deur afdanking, posvlakverlagings of viktimisering). Hulle moet dan bewys dat hulle skade gely het. Baie kom voor versinde redes vir hul afdanking te staan, terwyl ander deur uitgerekte regstappe lamgelê word, sê Mutemwa-Tumbo.

Volgens haar gaan onthulling in Suid-Afrika met hoë risiko en min beloning gepaard. “Ons maak ten volle op die persoon se morele moed staat. Daar is geen aansporing nie.”

Ontwikkel aansporings

Een aansporing is om ’n regsfonds te skep. Die regte van die fluitjieblaser beteken hulle weens sy finansiële beperkinge nie toegepas kan word nie, sê Thakur. Nog ’n moontlike aansporing is om fluitjieblasers te beloon as hul openbaarmakings daartoe lei dat bedrog en diefstal ontbloot word.

In Amerika maak die False Claims Act dit moontlik dat fluitjieblasers ’n deel kan ontvang van geld wat verhaal word ná die openbaarmaking van bedrog teen die regering.

Die fluitjieblaser sal dan ’n beskermde openbaarmaking aan die werkgewer doen, maar ook die ombudsman daarvan inlig. As die persoon onder beroepsbenadeling ly, sal dit nie nodig wees om die hulpbronne vir ’n hofsaak te moet vind nie.

Thakur wys in ’n navorsingsverslag daarop dat die Amerikaanse regering in die 2017- fiskale jaar $392 miljoen uitbetaal het aan fluitjieblasers wat bedrog en vals eise ter waarde van $3,4 miljard blootgelê het.

“Die doel met belonings sal nie wees om fluitjieblasers te verryk nie, maar eerder om ’n gedragsverandering weg van onverskilligheid, verlammende vrees of ongeërgdheid na die openbaarmaking van wandade aan te moedig,” sê Thakur. Nog ’n aansporing is ’n ombudsman vir fluitjieblasers.

Die fluitjieblaser sal dan ’n beskermde openbaarmaking aan die werkgewer doen, maar ook die ombudsman daarvan inlig. As die persoon onder beroepsbenadeling ly, sal dit nie nodig wees om die hulpbronne vir ’n hofsaak te moet vind nie.

Fluitjieblasers moet met respek en waardigheid behandel word, en hulle moet beloon word vir die verskil wat hulle in die samelewing maak. Die talle kommissies van ondersoek na korrupsie en onbehoorlikhede verander gesindhede in Suid-Afrika, sê Lewis. “Mense begin ten minste verstaan dat korrupsie nie ophou as mense dit nie onthul nie,” sê hy.

Vereistes vir algemene openbaarmaking
  • Die persoon moet redelik glo dat die inligting wat hulle openbaar gaan maak, wesenlik waar is.
  • Daar kan geen persoonlike finansiële voordeel wees nie.
  • Jy moet glo dat jou werkgewer jou sal viktimiseer of dat die getuienis wat met die openbaarmaking verband hou, vernietig sal word, of die saak is aangegee, maar binne ’n redelike tydperk ná die openbaarmaking het niks na vore gekom nie.
  • Die saak moet buitengewoon ernstig wees.

BRON: Cherese Thakur, regsnavorser by die Helen Suzman -stigting Wanneer ’n algemene openbaarmaking gedoen word

  • Samel bewyse in om ’n bewering te ondersteun dat jy redelike vrees het dat die interne proses jou sal skaad.
  • Vestig ’n papierspoor of samel soveel inligting moontlik in om jou openbaarmaking te ondersteun.
  • Soek die regte organisasie wat vertroulikheid en privaatheid sal behou.

BRON: Deborah Mutemwa-Tumbo, hoof van regsake en ondersoeke by Corruption Watch

Meer oor:  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.