Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Beurtkrag toets aanpassingsvermoë
16 Januarie 2020
Eskom se Medupi-kragstasie in Limpopo. Foto: iStockphoto

Luidens ’n verslag deur RMB Morgan Stanley in die laaste weke van 2019 het die beurtkrag waaraan Eskom die land sedert 2008 onderwerp, min invloed op mineraalproduksie in Suid-Afrika gehad.

Volgens die bank is dit omdat die mynbousektor in SA ’n uitsonderlike veerkragtigheid getoon het en in staat was om aan te pas.

Oopgroefmynbou

In die laer beurtkragfases kan oopgroefmynbou, die manier waarop ’n taamlike persentasie van die land se ystererts, platinumgroepmetale (PGM) en steenkool ontgin word, voortduur. Fase ses-beurtkrag beteken egter nie eens die oopgroefmyne kan hul bedrywighede voortsit nie. Dan is daar ook nog die uitwerking wat herhaalde kragonderbrekings het op die smelters en affineeraanlegte wat die PGM-konsentraat in afgewerkte metaal verwerk. Neem beurtkrag toe, eis dit ’n tol op die instandhouding van smelters en kan permanente skade dikwels aangerig word, wat langer staantye meebring.

Ernstige kragonderbrekings, soos wat in die laaste weke van 2019 ervaar is en waartydens 6 000 MW aan die nasionale netwerk onttrek is, sal egter moeiliker hanteerbaar wees, sê RMB Morgan Stanley se SA ontleders Brian Morgan, Christopher Nicholson en Jared Hoover.

Eskom het vroeg in Desember aangekondig dat hy fase ses-beurtkrag instel om tot 6 000 MW uit die stelsel te haal: Die land het nooit tevore kragrantsoenering van dié omvang gehad nie, wat vir sowel nywerhede as landsburgers ’n teken was dat Eskom se probleme aan die vererger was.

“Die duur en intensiteit van die kragonderbrekings kwel ons,” sê die ontleders van RMB Morgan Stanley.

Die duur en intensiteit van die kragonderbrekings kwel ons,” sê die ontleders van RMB Morgan Stanley. Ongelukkig het 2020 nie besonder goed begin nie. Op 4 Januarie, voordat die grootste deel van die bevolking ná hul somervakansie by die werk terug was, het Eskom gesê dat fase twee-beurtkrag hervat word omdat ’n vervoerband wat steenkool na die Medupi-kragstasie in Limpopo vervoer, onklaar geraak het – dieselfde probleem as wat verlede jaar daartoe bygedra het dat die land aan fase ses-beurtkrag onderwerp is.

Bekommernisse 

Wat kommer wek, is dat Medupi een van SA se nuwe kragstasies is: sy finale eenheid is in 2019 in bedryf gestel, maar volgens RMB Morgan Stanley bestaan ernstige twyfel of die kragsentrale ooit sy ontwerpvermoë van 4 800 MW sal bereik, aangesien die argitektuur van sy ketel defekte bevat wat nie reggestel kan word nie.

Die verwagte uitbedryfstelling van die Grootvlei- en Komati-kragsentrales in onderskeidelik 2021 en 2022, wat saam 2 100 MW elektrisiteit aan die nasionale kragnetwerk lewer, sal die stelsel waarskynlik verder onder druk plaas, terwyl Medupi onbetroubaar bly.

Daar is natuurlik langtermyngevolge om aan te herkou vir die SA mynbousektor. Onbetroubare kragvoorsiening beïnvloed uiteindelik die aantreklikheid van die sektor vir beleggers. Nuwe beleggings is reeds skaars, maar herbeleggings sal volgens die bank ook gevaar loop om in die slag te bly. “Op die langer duur ontmoedig die Eskom-risiko produsente om in vervangingsvoorraad in SA te investeer,” sê RMB Morgan Stanley.

Dit het ook strukturele koste-inflasie gelykstaande met 10% tot 15% van SA mynbou se kontantkoste tot gevolg.

Dit het ook strukturele koste-inflasie gelykstaande met 10% tot 15% van SA mynbou se kontantkoste tot gevolg. Laastens spoor die onbetroubare kragvoorsiening fabrikante en die vervaardigers van oorspronklike toerusting aan om te besnoei of waar moontlik plaasvervangers vir die metale te vind.

Waar SA die belangrikste verskaffer is – byvoorbeeld van PMG’s – kan ’n ontwrigting in voorsiening ’n wesenlike verhoging in metaalpryse meebring, maar die impak op die land se mynbousektor sal net ’n verdere negatiewe faktor wees in ’n beleggingscenario wat toenemend somber daaruit sien. 

Meer oor:  Beurtkrag  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.