Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Bidcorp wil verliese herwin
30 Augusus 2018

Bid Corporation (Bidcorp), wat in 2016 van Bidvest geskei het, is ’n internasionale breëlynvoedseldiensgroep. Hy bied vars produkte, logistieke oplossings en toerusting aan die voedselbedryf.

Die geografiese dekking behels 34 lande op vyf vastelande. Hoewel hy op die JSE genoteer is, kom slegs sowat 10% van sy inkomste uit Suid-Afrika, met sowat een derde van die winste uit Brittanje. Die sou sy resultate vir die jaar tot 30 Junie 2018 aangekondig het ná die ter perse gaan van die uitgawe van finweek.

Vooruitsigte:

Ná sy notering op die JSE op 30 Mei 2016, het die aandeelprys tot ’n nuwe laagtepunt van 22 180 sent per aandeel geval. Hy het in Oktober 2016 herstel en in Julie verlede jaar ’n nuwe hoogtepunt van 32 400 sent getoets. Omdat Bidcorp ’n randverskansingsaandeel is met blootstelling in Brittanje, Europa en Australasië, het hy gekwyn toe die rand verlede jaar verstewig het.

Bidcorp

In die grafieke:

Bidcorp het vanjaar ’n hoër bodem as sy vorige laagtepunt van 24 465 sent per aandeel gevorm, en is positief met die rand wat verswak na vorige laagtes. Bidcorp het onlangs deur die weerstandstendenslyn van sy beertendens gebreek, wat ook die boonste helling van ’n mediumtermyn simmetriese driehoek is.

Gaan lank:

’n Positiewe uitbreking uit die simmetriese driehoek en beertendens sal bevestig word met ’n weeklikse sluitingsprys bo 29 180 sent per aandeel (nog ’n weeklikse bulkersformasie moet bo dié vlak vorm). Winste tot 32 400 sent per aandeel moet dan in die nabye tot kort termyn volg. Hoewel Bidcorp daar weerstand kan ervaar, bly lank met volgehoue opwaartse potensiaal – die teiken van die simmetriese driehoek is 36 500 sent per aandeel.

Gaan kort:

’n Ommekeer deur 26 275 sent per aandeel dui op ’n vals breek van die patroon. Onder 25 055 sent kan Bidcorp sy algehele laagtepunt van 22 180 sent weer toets.

* Stuur 'n e-pos aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Aandelemening  |  Bidvest  |  Finweek  |  Bidcorp  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.