Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Bidvest: Kan hy bly styg?
24 September 2020

Die uitwerking van die wêreldwye inperkings het by Bidvest se aankondiging van sy finansiële resultate vir die volle jaar tot Junie duidelik geword, want sy wins van R3,8 miljard het tot ’n verlies van R186,9 miljoen vanjaar omgeswaai.

Hy het op die hoogtepunt van die inperking 70 000 werknemers tydelik ontslaan, maar teen 14 September het 91% van sy personeel weer gewerk. Bidvest oorweeg dit nou om sy motorhuur- en lugdienseenheid te verkoop.

Vooruitsigte:

Bidvest wankel op die steuntendenslyn van sy langtermyn-stygtendens, wat van 2011 dateer. Bidvest het vroeg in Julie sy besluit aangekondig om sy belang van 27% af te skryf in Comair, wat die plaaslike lugdienste Kulula.com en British Airways bedryf. Al het die aandeelprys sy grootste daling sedert 16 April ondervind, lyk dit of steun by 12 640c behou word.

Die grafieke:

Bidvest se verhandelingbestek sal waarskynlik mettertyd kleiner word namate die aandeelprys tussen sy langtermyn- steuntendenslyn en weerstand by 15 160c skommel.

Sy indeks van relatiewe sterkte vir drie maande (3M RSI) het van oorverkoopte terrein teruggeswaai, wat beteken dat kopers terugkom. Die RSI self sal egter deur die vet rooi tendenslyn moet verhandel om te toon dat momentum gereed is vir volle herstel.

Lang posisie:

’n Styging bo 15 160c sal beteken dat Bidvest sy groot stygtendens volhou, en verdere stygings tot 17 200c kan volg. As die aandeelprys deur die vet blou hang breek, kan dit verder tot 22 500c styg.

Kort posisie:

Weerstand by 15 160c vergroot die kans dat Bidvest deur sy langtermyn- steuntendenslyn sal breek en sy huidige daling tot 10 270c sal voortsit. Neem ’n kort posisie in onder 12 640c.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Bidvest  |  Finweek  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.