Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
British American Tobacco
16 Januarie 2020
Foto’s: Shutterstock
Foto’s: Shutterstock

In die afgelope maande, het ’n paar duisend mense in die hospitaal beland met ernstige long- en ander siektes wat deur die gebruik van elektroniese sigarette veroorsaak is.

Met die verloop van jare het tabakmaatskappye elektroniese sigarette sterk bevorder om die dalende vraag na tabaksigarette teen te werk. Sterfgevalle weens al hoe meer tienderjariges wat elektroniese sigarette gebruik, het Amerikaanse gesondheidsowerhede genoop om die verkoop van gewilde e-sigaretgeure, veral vrugte en kruisement, te verbied.

Dit laat slegs mentol- en tabakgeure in die mark. British American Tobacco (BAT) – op een na die wêreld se grootste tabakmaatskappy – het die Amerikaanse besluit verwelkom, wat in Februarie in werking tree, want dit sal die verkoop van mentol- en tabakgeure verhoog. Die ander geure sal na die mark kan terugkeer nadat hulle deur die owerhede goedgekeur is.

Hoe om dit te verhandel:

BAT het uit sy tweejaar-lange beertendens gebreek – hy het verlede maand ’n positiewe uitbreking bokant 58 160c per aandeel bevestig. Dié stap behoort op mediumtermyn te lei tot ’n volkome herstel na sy absolute hoogtepunt van 98 740c. Met die drieweekse relatiewesterkte-indeks in oorkoopte gebied, is ’n terugsakking op nabye termyn voorhande.

Met die drieweekse relatiewesterkte-indeks in oorkoopte gebied, is ’n terugsakking op nabye termyn voorhande.

Indien steun egter by 58 160c behou word, is dit ’n positiewe teken aangesien dit nog ’n koopgeleentheid bied – met moontlike stygings tot 68 890c per aandeel. Die volgende weerstandsvlak op 80 000c per aandeel kan weer bereik word.

’n Ommeswaai deur 58 160c per aandeel kan egter ’n uitverkoop tot by 51 780c per aandeel ontketen.


Meer oor:  Finweek  |  British American Tabacco  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.