Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Cashbuild: Wankel tussen die bul en die beer
22 Oktober 2020
Een van Cashbuild se boumateriaalwinkels in Pretoria.

Cashbuild het verlede maand gesê dat hy ’n geraamde R621 miljoen verloor het weens die uitwerking van winkels wat gedurende die landswye vlak-5-inperking gesluit was.

Cashbuild se inkomste en bruto wins vir die jaar het met 7% gedaal, en sy wesensverdienste per aandeel met 40%.

Vooruitsig:

Nadat steun op 7 000c per aandeel behou is, het kopers drupsgewys begin toeneem, en nou het Cashbuild voldoende opwaartse potensiaal herwin om sy beertendens te vermy en om moontlik sy vorige primêre bultendens te hervat.

Op die grafiek:

Cashbuild wankel op die steuntendenslyn van sy primêre bultendens wat met voortgesette opwaartse potensiaal sal hervat. Indien nie, sal dit steeds daalverwagtinge toon.

Gaan lank:

Hoewel ’n koopsein bokant 23 100c per aandeel ontlok sal word, waarsku die drieweekse relatiewe-sterkte-indeks (3W RSI) dat ’n nabye-termynterugsakking waarskynlik is. Indien dit die geval is, kan Cashbuild daal tot by steun op 16 850c. ’n Ommeswaai bokant dié vlak – wat derhalwe nog ’n stygende onderpunt vorm – behoort bykomende opwaartse potensiaal tot 23 100c tot gevolg te hê.

Bokant dié vlak behoort Cashbuild sy primêre bultendens te hervat en moontlik sy verliese tot 32 150c te verhaal. Verhoog posisies bokant dié vlak aangesien die volgende weerstandsvlak by 39 330c dan getoets kan word.

Indien die opwaartse momentum voortduur, kan Cashbuild weer sy absolute hoogtepunt van 52 650c toets.

Gaan kort:

’n Ommeswaai tot by steun op 16 850c sal beteken dat Cashbuild nie daarin slaag om sy vorige bultendens te hervat nie, wat ’n sein vir daalverwagting is. Cashbuild se prys kan dan terugsak tot steun op 7 000c per aandeel.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Cashbuild
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.